Amandel-appeltert
Foto’s: Donna Lewis Galery
Die Franse praat van frangipane – dis basies gelyke dele botter en amandels wat tot ’n heerlike gladde pasta gemeng word.
(6 – 8 porsies)
- 1 x 400 g-rol broskors
- 200 g botter
- 200 g (385 ml) versiersuiker
- 4 eiers
- 200 g gemaalde amandels
- 40 g koekmeel
- 3 appels, ontkern en in kwarte gesny
Verhit oond tot 180 °C. Gebruik ’n koekroller en rol broskors tot sowat 3 mm dik op ’n meelbestrooide
oppervlak uit. Voer ’n losboom-koekpan van 30 cm, wat met kleefwerende kossproei gespuit is, met die deeg uit. Klits botter en versiersuiker tot lig en romerig in ’n middelslag-mengbak. Voeg eiers een vir een by en meng goed. Voeg amandels en meel by.Meng goed. Gooi hele mengsel in tertkors. Pak appelskywe bo-op en plaas in warm oond. Bak vir 45 – 60 minute of tot goudbruin en gaar. Sit warm voor.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Amandel-en-karamelkoek
SARIE KOS Augustus / September 2011
Dis baie ryk, maar onweerstaanbaar, veral as jy van karamel en amandel hou.
-
Appeltert
SARIE Junie 2011
-
Franse appeltert
SARIE Julie 2010
Daar is nou genoeg appels in die winkels vir die lekkerny. Ek wys jou stap vir stap hoe jy dit maak - van die deeg tot die vulsel.
-
Gesonder grenadella-yskastert
SARIE KOS Somer 2010/11
-
Groot appeltert
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Jou kollegas sal aangenaam verras wees as jy by die werk met dié tert vorendag kom.
-
Heuning-appeltert met volkoring-kors
SARIE KOS April/Mei 2011
-
Lemoen-yskas-kaaskoek
SARIE KOS Lente 2010 | Kommentaar: 3
Ek het dié kaaskoek leer maak toe ek nog in restaurante gewerk het. Jy kan dit aanpas nes jy wil - ek hou van sitrus.
-
Volkoring-appelkoek
SARIE KOS Augustus / September 2011
As jy lus is vir koek wat meer vesel bevat, beveel ek hierdie resep aan.
-
Witsjokolade-yskastert
SARIE - Desember 2010
















Kommentaar
boerekok in parys het gesê:
Wat julle in die tert gebruik is 'n amandelroom (créme d'amande): gelyke hoeveelhede botter, suiker, eiers en amandelpoeier. Dis die basis vir die meeste vrugteterte in franse patiseries,veral vir appelkoos-, kersie-,peer- en pruimterte.Die appelweergawe sien 'n mens egter minder gereeld. Die gewildste appeltert hier is net skywe appel wat in 'n kors gebak word- ja, net vrugte in 'n kors! 'n Frangepani is egter 'n 50/50 mengsel van amandelroom en bakkersvla.Die bekendste gebruik vir frangepani is seker vir die "Galette des rois" wat in Januarie in die bakkerye gevind word.
12de Okt. 2011, 17:10