Appel-en-kaaspastei
Foto’s: Micky Hoyle Galery
As kind was my gunsteling ’n lekker sterk stuk cheddarkaas saam met ’n groen appel. Dis ’n kombinasie wat wonderlik werk in ’n pastei.
4 pasteie
Deeg
- 60 g sagte botter
- 1 eier
- 80 ml suurroom
- 140 g (250 ml) koekmeel
- 5 ml bakpoeier
- knippie sout
Vulsel
- 2 groen appels
- 100 g gruyère-kaas, fyngerasper
Krummel-laag
- 30 ml koekmeel
- 20 ml botter
Verhit oond tot 160 °C. Plaas al die bestanddele vir deeg in jou voedselverwerker. Meng tot glad. (Moenie bekommerd wees nie, die deeg is nie styf soos wanneer jy dit gaan uitrol nie.) Skep deeg in goedgesmeerde, groot muffinpanne van sowat 250 ml in volume. Smeer deeg met die agterkant van ’n lepel teen die kante van die pannetjies op. Ontklok appels, maar hou skil aan. Sny in baie dun ringe. Plaas een ring onderin elke pannetjie en sprinkel ’n bietjie kaas oor. Herhaal tot bo. Vir die krummel-laag, vryf die meel in die botter in tot dit soos broodkrummels lyk. Sprinkel bo-op elke tertjie en bak vir 30 – 35 minute tot gaar. Druk ’n dun pennetjie aan die kant in en maak seker dit kom droog uit. Haal uit en laat so 10 – 15 minute rus voordat jy dit uitkeer.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Appel met hoenderlewerpatee
SARIE KOS Somer 2009/10
Met 'n paar lekkertes uit die deli kan jy in 'n japtrap heerlike hongerstillers voorsit.
-
Camembert en brie met rooiwynstroop
SARIE KOS Herfs 2010
-
Kerrie-lam-skenkel-pastei
SARIE Maart 2010
As jy, soos ek, versot is op lam, kerrie en pastei is die drie-in-een-gereg vir jou!
-
Prei-en-aartappel-pastei
SARIE KOS Okt/Nov 2011
















Kry jou SARIE oral, enige tyd