Appelkooskonfyt

Deur Barbara Joubert, SARIE KOS Herfs 2009

Appelkooskonfyt Foto’s: Micky Hoyle Galery

Die appelkose moet reeds ontpit wees wanneer jy hulle weeg

(sowat 2 liter)

  • 2 kg appelkose
  • 2 kg suiker
  • 500 ml water

Plaas al die bestanddele in ’n groot kastrol. Bring tot kookpunt oor medium-hitte terwyl jy roer – die suiker moet gesmelt wees vóór die mengsel begin kook. Draai die hitte af wanneer dit begin kook. Staan heeltyd by die kastrol om die skuim wat bo-op dryf, af te skep. Moenie bekommerd wees as jy van die vloeistof saam met die skuim uitskep nie. Dié konfyt kook vir presies 30 minute. Toets dit daarná (sien hieronder) en gooi die warm konfyt in gesteriliseerde bottels.

Hoe toets ek my konfyt?
Plaas ’n piering vir 15 minute in die yskas. Gooi ’n klein bietjie warm konfyt daarin. Laat staan vir 5 minute. Stoot die konfyt met jou vinger – as plooitjies bo-op vorm, is dit reg.

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg

Verwante artikels

  • Gebakte kwepers

    Gebakte kwepers

    SARIE KOS Winter 2010

    Jy kan die gebakte kwepers saam met lamsvleis eet of saam met geklopte room vir poeding