Appeltert
Foto’s: Donna Lewis Galery
(6 porsies)
- 45 ml botter
- 200 g (250 ml) suiker
- 3 eiers
- 60 ml melk
- 140 g (250 ml) bruismeel
- 10 ml bakpoeier
- 6 appels
Sous
- 10 ml karamelgeursel
- 250 ml ingedampte melk
- 200 g (250 ml) suiker
- 80 ml heuninglikeur
Verhit oond tot 180 °C. (As jy dit op die kampvuur wil maak, sien wenk regs.) Klits botter en suiker tot lig en romerig. Voeg eiers by en meng goed. Voeg melk, bruismeel en bakpoeier by en meng goed tot gladde beslag.Verwyder die appels se stronke en sny appels in dun skywe. Gooi beslag in ’n oondvaste
pan van 30 cm wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Versprei appelskywe eweredig oor deeg. Sit in oond en bak vir sowat 30 – 35 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Sous Plaas al die bestanddele vir die sous in ’n middelslag-pot en bring tot kookpunt. Gooi warm sous oor tert sodra dit uit die oond kom. Sit voor met crème fraîche.
Wenk
Jy kan die tert in ’n Weber maak. Versprei die kole eweredig en sit tert bo-op die draadrooster. Maak die Weber toe. Bak vir 30 minute en toets of dit gaar is. Maak toe en bak langer indien nodig.
- Assistent Melissa Pecoraro
- Plek Lourensford-wynlandgoed
Verwante artikels
-
Amandel-appeltert
SARIE Julie 2011
Die Franse praat van frangipane – dis basies gelyke dele botter en amandels wat tot ’n heerlike gladde pasta gemeng word.
-
Appeltert
SARIE - November 2005
’n Lekker tert vir nagereg is altyd ’n wenner
-
Appeltert
SARIE - Januarie 2009
Hierdie tert mag vir jou lyk of jy ’n marathon moet hardloop! Dit is glad nie so nie, jy gaan net die oonddeur ’n paar keer oopmaak om bestanddele by te voeg. Jy kan die tert warm of teen kamertemperatuur bedien
-
Franse appeltert
SARIE Julie 2010
Daar is nou genoeg appels in die winkels vir die lekkerny. Ek wys jou stap vir stap hoe jy dit maak - van die deeg tot die vulsel.
-
Groot appeltert
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Jou kollegas sal aangenaam verras wees as jy by die werk met dié tert vorendag kom.
-
Heuning-appeltert met volkoring-kors
SARIE KOS April/Mei 2011
-
Jaffles
SARIE Junie 2011
Spaar tyd deur die vulsel reeds by die huis te maak.
-
Lamspotjie met kluitjies
SARIE Junie 2011
Spaar tyd en weeg die bestanddele vir die kluitjies by die huis af.
-
S’mores – gebraaide malvalekkers
SARIE Junie 2011
Wat is nou lekkerder as om rondom die vuur te sit en malvalekkers te braai? Bak die koekies reeds voor jy gaan kampeer.
-
Volkoring-appelkoek
SARIE KOS Augustus / September 2011
As jy lus is vir koek wat meer vesel bevat, beveel ek hierdie resep aan.
















Kommentaar