Artisjokke met knoffel-suurlemoenbotter
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Dis nou die seisoen vir artisjokke. Dié wonderlike vars bestanddeel werk veral goed as voorgereg. En dis een van die maklikste geregte om te maak.
(4 PORSIES)
- 8 groot artisjokke – reken op twee artisjokke per persoon
Sny die steel van die artisjokke af. Bring ’n kastrol met baie water en so 5 ml sout tot kookpunt. Plaas artisjokke in kookwater. Hoe lank jy die artisjokke kook, gaan afhang van hoe groot hulle is. As jou artisjokke so groot soos ’n krieketbal is, sal dit sowat 10 minute duur. Toets deur ’n pennetjie in te druk waar jy die steel afgesny het. As dit sag is, kan jy die artisjokke uit die water haal en dadelik saam met die knoffel-suurlemoenbotter voorsit.
Knoffel-suurlemoenbotter
- 200 g (220 ml) botter
- 4 knoffelhuisies, fyngekap
- sap van 2 suurlemoene
Smelt die botter saam met die knoffel in ’n kastrol. Voeg suurlemoensap by en sit voor saam met artisjokke.
- Assistent Melissa Pecoraro en Jana van Sittert
Verwante artikels
-
Artisjok-en-tamatie-linguini
SARIE KOS Des 2011/Jan 2012
-
Artisjokke, tamatie en feta quiche
SARIE KOS Lente 2010
Hierdie heerlikeMediterreense kombinasie maak 'n fees van 'n ligte middagete.
-
Eiervrug en artisjokke broodjie
SARIE KOS Somer 2010/11
-
Oop broodjie met fetakaas, tamatie en artisjok
SARIE KOS Lente 2009
-
Sampioen-en-artisjokke- slaai
SARIE KOS - Somer 2008
Maak die slaai al die vorige dag sodat al die geure in die sampioene kan intrek
-
Slaai met spek, artisjokke, bokmelkkaas en crostini
SARIE KOS Somer 2010/11 | Kommentaar: 1
















Kommentaar