Aspersie-quiche
Foto’s: Donna Lewis Galery
(4 - 6 porsies)
- 1 x 400 g-rol blaardeeg
- 250 g spek, fyngekap
- 170 g vars aspersies
- 3 eiers
- 100 ml room
- 30 ml tiemie
- sout en swartpeper
Verhit oond tot 180 ˚C. Spuit 'n 9,5 x 33 cm-losboomquiche- pan met kleefwerende kossproei. Gebruik 'n koekroller en rol blaardeeg op 'n meelbestrooide oppervlak uit tot sowat 3 mm dik. Voer quiche-pan uit met deeg. Prik bodem met 'n vurk en bak vir 10 minute of tot begin verkleur. Sprinkel spek op bodem van kors, gevolg deur heel aspersies. Meng eiers, room en tiemie saam. Geur goed met sout en swartpeper.Gooi bo-oor aspersies en plaas terug in oond. Bak verder vir 15 - 20 minute of tot goudbruin en gestol. Laat effens afkoel en sit voor met slaai van jou keuse.
wenk
As jy nie van aspersies hou nie, kan jy ook uie in dun ringe sny en dit saam met swartolywe gebruik as vulsel.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Botterskorsie-en-sampioen tert
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Dis perfek om in te pak werk toe vir môre semiddagete.
-
Gerookte snoektert
SARIE - April 2009
Dis ’n heerlike voorgereg wat jy by kamertemperatuur of warm kan voorsit.
-
Kersietert
SARIE - Julie 2008
Dit lyk nie net mooi nie, maar is ’n ware winterwenner. Sit voor saam met styfgeklopte room
-
Murgpampoentjie-tert
SARIE KOS Lente 2009
-
Onderstebo-sampioentert
SARIE KOS Lente 2010 | Kommentaar: 2
30 minute
-
Patat-tertjies
SARIE - Mei 2010
Nie heeltemal soet nie, maar ook nie eintlik sout nie.
-
Rooi herfsslaai
SARIE KOS Augustus / September 2011
Ek verander gedurig die bestanddele en gebruik seisoenale produkte.
-
Rugby-ontbyt! Biltong-en-cheddarkaas-quiche
SARIE KOS Augustus / September 2011
Biltong en rugby is mos beste maats. Hierdie quiche sal ’n gunsteling word.
-
Spinasie-en-sampioen-quiche
SARIE KOS Augustus / September 2011
-
Spinasie-tertjies
SARIE KOS Somer 2009/10
Lekker vir middagete. 6 porsies
-
Tamatie-en-ricotta-tertjies
SARIE - Desember 2010
Maak genoeg, want die gaste gaan weglê aan dié smulgoed!
-
Tert met tamatie,ricotta en olywe
SARIE KOS Lente 2010
Dis heerlik vir 'n ligte middagete met 'n groenslaai. Ek het die tert in 'n emaljebord gebak.
















Kommentaar
Elizabeth het gesê:
Dankie vir heerlike resepte! Ek wil net graag weet of u dalk in 'n toekomstige uitgawe vir ons GOEDKOPER kos-resepte kan gee? Ek is werkloos en kan nie altyd die bestanddele van julle heerlike resepte bekostig nie. Dit sal my baie gelukkig maak (en ek seker vir 'n paar ander mense ook!) Beste wense Elizabeth Avenant 083 279 2955
5de Jul. 2011, 11:54