Baba-mozzarella en geroosterde pepers

Deur Barbara Joubert, SARIE - Januarie 2005

Baba-mozzarella en geroosterde pepers Foto’s: Annél Botha Galery

Bruschette is 'n wonderlike manier om mee te onthaal. Wat bo-op 'n bruschetta kom kan vooraf gemaak word en die meeste bestanddele kan jy klaar by deli's koop - en dis lekker veral in die vakansietyd

Hoe maak jy 'n bruschetta?

  1. Sny brood in snye van ongeveer 2 cm dik.
  2. Maak ’n riffelpan baie warm op ’n plaat en sit een sny brood in die pan en druk dit effens plat met ’n eierspaan.
  3. Draai om en rooster aan die ander kant.
  4. Lig uit die pan, en moenie bekommerd wees as die rante effens gebrand is nie.
  5. Sny ’n knoffelhuisie in die helfte en vryf oor die sny brood.
  6. Gooi heelwat olyfolie oor.

 

Baba-mozarella en geroosterde pepers
Rooster 3 rooi- en 3 soetgeelpepers wat jy met olyfolie bedruip het in ’n bakplaat. Sny 6 kleinmozzarella-balletjies in die helfte. Smeer ’n bruschetta met basiliekruidpesto. Plaas die pepers en mozzarella bo-op die bruschetta saam met ontpitte swart olywe, sowat 2 ansjovisfilette per broodjie. Gooi 'n bietjie olyfolie oor en maal swartpeper bo-oor.

Verwante artikels

  • 5 Boekminute met Carol Drinkwater

    5 Boekminute met Carol Drinkwater

    SARIE - Oktober 2009

    Is dit moontlik om ‘n liefdesverhouding met olyfbome te hê? Skrywer en aktrise Carol Drinkwater het dit beslis!