Basiese versiersel
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Basiese vanieljeversiersel
(genoeg vir 12)
kolwyntjies
- 500 g (545 ml) sagte botter
- 650 g (1 250 ml) versiersuiker, gesif
- 10 ml vanieljegeursel
Klits botter in elektriese menger se bak tot lig en romerig (5 - 8 minute). Voeg versiersuiker en vanieljegeursel by. Meng goed. Versier afgekoelde kolwyntjies hiermee.
Basiese roomkaasversiersel
(genoeg vir 12)
kolwyntjies
- 120 g (130 ml) sagte botter
- 240 g (460 ml) versiersuiker, gesif
- 1 houer (230 g) roomkaas
Plaas botter in elektriese menger se bak en klits vir sowat 5 - 8 minute tot lig en romerig. Voeg versiersuiker en roomkaas by. Meng goed. Versier afgekoelde kolwyntjies hiermee.
- Assistent Melissa Pecoraro












Kommentaar