Basiliekruid-gruyère- en-kruie-omelet

SARIE KOS Somer 2009/10

Bederf jouself vir middagete met dié verfrissende omelet. 1 porsie

  • 4 eiers, geklits
  • 15 ml melk
  • varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 5 sprietuie, fyngekap
  • halwe hand vol pietersielie, fyngekap
  • 5 ml botter
  • 50 g gruyère-kaas, gerasper
  • 10 basiliekruid-blare

Klits eiers en melk saam. Geur met swartpeper. Voeg sprietuie en pietersielie by. Smelt botter in kleefvrye pan. Verlaag hitte en gooi geklitste eiers in. Laat staan vir sowat 1 minuut en begin
roer, byna soos jy roereier maak. Die eier moenie heeltemal gaar wees wanneer jy kaas en basiliekruid op een helfte daarvan pak nie. Vou omelet toe en sit deksel vir sowat 2 minute op. Gly
omelet uit pan en geniet.

Verwante artikels

  • Basiliekruid-en-kaas-skons

    Basiliekruid-en-kaas-skons

    SARIE KOS - Lente 2008

    Maak dié skons in ’n groot oondbak of druk dit met ’n koekiedrukker uit en bak op ’n bakplaat.

  • Basiliekruid-pesto

    Basiliekruid-pesto

    SARIE KOS - Lente 2008

    Pesto hoef jy nie nét saam met pasta te gebruik nie. Jy kan dit ook op broodjies, in slaaisouse of in feitlik enige gereg gebruik. Eksperimenteer ’n bietjie met dié wonderlike resep.

  • Eierwit-omelet

    Eierwit-omelet

    SARIE KOS - Herfs 2008

    Eiergeel word uitgelaat om die omelet se vet-inhoud en kilojoules te beperk, maar kinderdiabete en dié sonder gewigsprobleme kan gerus die hele eier gebruik.

  • Gebreekte basiliekruid-aartappels

    Gebreekte basiliekruid-aartappels

    SARIE KOS - Lente 2008

    Dis die wonder van alle bygeregte. Jy mag dink die resep vra baie olyfolie, maar die olie word opgeslurp deur die warm aartappels.

  • Grootste kaas-en-tamatie-omelet in Kaapstad mik vir wêreldrekord

    Grootste kaas-en-tamatie-omelet in Kaapstad mik vir wêreldrekord

    SARIE - Oktober 2009

    Kom kuier Saterdag 10 Oktober om 10 vm by die V&A Waterfront-amfiteater. Hulle gaan die grootste omelet in die wêreld probeer maak!

  • Koue basiliekruid-en-jogurt-sop

    Koue basiliekruid-en-jogurt-sop

    SARIE KOS - Lente 2008

    Dis sekerlik een van die maklikste en lekkerste soppe wat jy dié somer kan maak.

  • Koue tamatie-en-vars-basiliekruid-sop

    Koue tamatie-en-vars-basiliekruid-sop

    SARIE - Desember 2008

    Die lekkerte van dié sop is dat jy dit die vorige dag kan maak en in jou yskas hou

  • Omelet met gemengde sampioene en hoender

    Omelet met gemengde sampioene en hoender

    Omelette is meer as net ontbytkos. Hier omskep ons dit in ’n wonderlike ligte aandete.

Kommentaar