Stap vir stap: Basiese oondhoender
Deur Herman Lensing, SARIE Oktober 2011
STAP 1:
Verhit oond tot 200 ºC. Kap kruie fyn. Meng botter, knoffel, sap en skil van suurlemoen saam. Voeg kruie by en meng goed.
STAP 2:
Gebruik jou vingerpunte en maak die vel op die borskant versigtig los. Skep kruiebotter onder die vel in en versprei eweredig.
STAP 3:
Bind hoender met kombuis-tou vas. Sny ’n stuk tou sowat 1 m lank, vou dit in die helfte en bind die middel aan die stertvet vas. Neem punte van
tou weerskante onder deur vlerkies en oorkruis in die middel by die nek. Draai hoender op sy rug. Trek tou tot by bene se punte en bind bene stewig aan mekaar vas.
STAP 4:
Pak groente in groot oondrooster-pan en plaas hoender bo-op. Sprinkel olyfolie oor. Gooi rooiwyn by. Geur goed met sout en swartpeper. Draai pan toe met tinfoelie en plaas in oond. Bak vir 60 minute toe. Haal foelie af en rooster vir nog 30 minute of tot goudbruin. Sit warm voor.
Heerlike en veelsydige oondhoender. Sien resepte hieronder.
Nog Galerye
Jy't die volgende bestanddele nodig: 1 hand vol vars gemengde kruie, 100 g botter , 2 knoffelhuisies (gekap), sap en skil van 1 suurlemoen, 1 groot hoender, 700 g baba-aartappels, 500 g baba-uie, 250 g bruin sampioene, 45 ml olyfolie, 250 ml rooiwyn, sout en varsgemaalde swartpeper
Verwante artikels
-
SARIE Oktober 2011
Rooster die hoender vir dié resep sonder die groente.
-
SARIE Oktober 2011
Perfek vir die werk- of skool-kosblik.
-
SARIE Oktober 2011
Dié een is perfek om te maak met Sondag se oorskiet-hoender.
-
SARIE Oktober 2011
Kommentaar