Beesfilet met rooiwynsous
Foto’s: Micky Hoyle Galery
- 1 beesfilet
- 2 knoffelhuisies, fyngedruk
- sap van 2 suurlemoene
- 30 ml olyfolie
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Verhit jou oond tot 180 °C. Smeer die filet in met die knoffel, suurlemoensap en olyfolie, en geur met sout en peper. Plaas dit op ’n roosterrak in ’n oondbak in die warm oond. Om die filet mooi pienk te kry: vir elke 500 g, bak vir 15 minute, plus ’n ekstra 15 minute.
Rooiwynsous
- 250 ml goeie rooiwyn
- 250 ml goeie beesvleisaftreksel
- 60 ml botter
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Bring die rooiwyn en aftreksel in ’n kastrol tot kookpunt. Kook die sous af tot ongeveer 250 ml. Voeg die botter eetlepel vir eetlepel by en klits goed na elke byvoeging. Geur met sout en peper.
Om te drink
Upland naby Wellington se organiese 2003 Cabernet Sauvignon. Hulle maak ook organiese port en brandewyn.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
- Produksie Barbara Joubert
Verwante artikels
-
Beesfilet met gebarste-tamatieslaai
SARIE KOS April/Mei 2011
-
Beesstert in rooiwyn
SARIE KOS Winter 2010
Werklik een van my gunstelinge. Koop beesstert waarvan die meeste vet reeds afgesny is.
-
Gebakte filet op aartappels
SARIE KOS Somer 2010/11
30 minute
-
Geskroeide carpaccio-slaai
SARIE KOS Somer 2009/10
15 minute
-
Springbok in rooiwyn
SARIE KOS vir mans 2010
Noem dit sommer "bok au vin"! Dit word immers in 'n hele bottel rooiwyn gaargemaak.
-
Uit my kruietuin
SARIE KOS - Herfs 2008
Spysenier Annalize Buchanan is op haar gelukkigste wanneer sy kruie kan proe in haar uithaler-disse


















Kry jou SARIE oral, enige tyd