Beet-en-biersop
Foto’s: Samarie Smith Galery
Die Russiese keiserin Katharina die Grote was glo dol oor dié sop. Haar minnaars moes dit vir haar berei en as hulle hul slag verloor het, is hulle uitgeskop.
(4 porsies)
- 25 g ongesoute botter
- 1 ui, gekap
- 1 kg gaar beet, grofgerasper
- 2 ml suiker
- 1 tamatie, ontvel en gekap
- sout en varsgemaalde swartpeper
- 600 ml groente-aftreksel
- 250 ml ligte bier
Verhit die botter in 'n groot kastrol en braai die ui tot sag. Voeg die gerasperde beet, die suiker, tamatie, sout en peper en 300 ml van die aftreksel by. Verhit tot kookpunt, verlaag die hitte
en laat 20 minute prut. Voeg die res van aftreksel en bier by en laat nog 30 minute prut. Verwyder van die hitte en verpulp met 'n staafmenger of in 'n voedselverwerker tot glad. Giet in 'n bak, laat afkoel en plaas in die yskas. Die sop kan ook warm voorgesit word.
WENK:
As die sop koud voorgesit word, garneer dit met komkommerfettuccine: Stroop repe komkommer met 'n groenteskiller af, strooi sout oor en laat 30 minute staan. Giet die vloeistof af, verfris onder koue water en plaas in die yskas tot voor opdiening. Skep die sop in verkilde bakkies en garneer met die repe komkommer.
Verwante artikels
-
Beet met avokadosalsa en bokmelkkaas
SARIE KOS April/Mei 2011
Die kombinasie van die beet en bokmelkkaas werk goed saam. Lekker lig vir 'n voorgereg.
-
Beet-en-uie-marmelade
SARIE KOS Somer 2009/10 | Kommentaar: 2
Hemels saam met 'n lekker sterk kaas. sowat 500 ml
-
Beet-en-uie-tarte tatin
SARIE KOS Somer 2009/10
Tarte tatin is 'n onderstebo tert. Makliker om te maak as wat jy dink!
-
Franse bruin-uie-sop
SARIE Julie 2010
Seker een van die goedkoopste soppe, maar ook een van die lekkerste!
-
Vars gekookte beet met bokkaas
SARIE KOS - Somer 2007
















Kommentaar