Beste pizza nóg
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Nes met enige ander Italiaanse gereg lê die lekker van ’n pizza ook in die tamatiesous. Ek onthou toe ek in 1982 laas in Italië was, kon jy ’n stuk van ’n groot pizza sommer op straat koop. Hier is my weergawe van só ’n staatmaker-pizza.
Deeg
(genoeg vir 2 groot pizzas)
- 250 g meel
- 250 g semolina
- 2 x 10 g kits-suurdeeg
- 2 ml sout
- ongeveer 300 ml louwarm water
Meng die meel en semolina saam in ’n groot mengbak. Voeg die suurdeeg en sout by. Voeg die louwarm water by, maar nie alles op een slag nie. Maak aan tot ’n lekker stywe deeg. Gooi meel op jou werkoppervlak en knie die deeg vir minstens 10 minute tot glad en elasties. Plaas die deeg terug in ’n bak en smeer ’n bietjie olyfolie oor. Maak met kleefplastiek toe en laat staan op ’n warm plek tot die deeg tot dubbel die grootte gerys het, voor jy dit afknie. Smeer ’n groot bakplaat met ’n bietjie olyfolie en rol die deeg in die gewenste vorm. Ek hou van ’n ovaalvorm - dit laat my aan Rome dink!
Jy benodig
(vir 2 groot ovaal pizzas)
- 250 ml tamatiesous (halveer die 500 ml-resep) (sien verwante artikels)
- 500 g gerasperde mozzarella-kaas
- ’n hand vol vars origanum-blare
- ’n bietjie olyfolie
Wat om bo-op te sit
My gunstelinge is (soos op die foto):
- salami
- geblikte artisjokke
- ontpitte swart olywe (die beste is calamata)
- kappertjiesaad
Smeer die tamatiesous bo-op die pizza-basis. Sprinkel die gerasperde mozzarella bo-oor. Sit die bestanddele van jou keuse bo-op en sprinkel ’n klein bietjie olyfolie oor. Plaas vir ongeveer 15 - 20 minute terug op die heel onderste rak in die warm oond teen 200°C.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Hoender, sampioene en feta pizza
SARIE - Oktober 2010
Vinniger as 'n wegneemete! As jy nie lus het om die tamatiesous te maak nie, kan jy die soort pizzakors koop wat dit reeds op het.
-
Tamatie, mozzarella en chorizo pizza
SARIE - Oktober 2010
-
Tamatiesous (salsa di pomodoro)
SARIE - Augustus 2007
Kook hierdie tamatiesous en jou Italiaanse kookkuns is halfpad gewonne. Ek gee dit in twee hoeveelhede sodat jy genoeg het om te vries. En gebruik gerus geblikte tamaties.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd