Bierbrood
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Hierdie brode is lekker saam met die boontjiegereg. Jy skep van die boontjies op 'n stuk brood vir 'n wenkombinasie.
(genoeg vir 4 manne)
- 550g (980ml) witbroodmeel
- 30ml bakpoeier
- 5ml sout
- 1 blik (340ml) bier
- 15ml olyfolie
As jy jou droë bestanddele by die huis in 'n sakkie afgemeet het (sien kassie oorkant), gooi jy nou net alles in 'n bak of kastrol. Voeg die bier en olyfolie by. Meng goed en knie vir sowat 10 minute. Verdeel deeg in 9 bolletjies wat jy plat druk met jou handpalm tot sowat 10 x 10cm. Verhit 'n pan oor matige hitte en braai die brode vir so 3 minute aan 'n kant en draai om. Braai vir nog 3 minute aan die ander kant. Hou die leë bierblikkie; jy gaan dit nodig hê om die wyn af te meet vir die cowboy-boontjies.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Broodrolletjies
SARIE - Junie 2009
-
Kruisement-platbrood
SARIE KOS Somer 2009/10
Veral lekker saam met koue kruisement-en-ertjiesop. genoeg vir 8 mense
-
Papierbrood
SARIE - Desember 2009
Kersfees gaan oor kuier. Wat ’n heerlike manier om dit te doen: Stuur vir voorgereg bakkies eetgoed rond om te deel, en maak vir elke gas sy eie stapeltjie papierbrood daarmee saam
-
Plat Turkse brode
SARIE KOS Lente 2010
Sit 'n lekker brood voor by dié ete. Dis regtig nie moeilik om te maak nie.
-
Saamgeperste pastrami-broodjies met uie-marmelade
SARIE - Mei 2010
Byna iets soos 'n terrien gekombineer met 'n toebroodjie.
-
Tamatie-en-kaasbrood
SARIE KOS Lente 2010
Dié brood moet warm geëet word - dis lekker as die kaas daaruit loop. 1 groot brood is genoeg vir 6 mense
-
Volgraanbrood
SARIE KOS April/Mei 2011
-
Volkoringbrood
SARIE KOS April/Mei 2011
Om jou eie brood te bak is glad nie moeilik nie - veral dié resep is gooi-alsbymekaar- en-meng.
















Kommentaar