Bloubessiewafels met vanielje-crème fraÎche en stroop

Deur Herman Lensing, SARIE Januarie 2010

Bloubessiewafels met vanielje-crème fraÎche en stroop Foto’s: Donna Lewis Galery

’n Warm wafel wat drup van die gouestroop laat my mond water elke keer as ek daaraan dink.

10 wafels

  • 375 ml (210 g) koekmeel
  • 5 ml sout
  • 20 ml suiker
  • 15 ml bakpoeier
  • 2 eiers
  • 250 ml melk
  • 20 ml gesmelte botter
  • 125 g bloubessies (vars of bevrore)
  • 250 g crème fraîche
  • 1 vanieljepeul of 5 ml vanieljegeursel
  • 20 ml strooisuiker
  • 80 ml esdoringstroop (maple syrup)
  • hand vol vars bloubessies

Sif meel, sout, suiker en bakpoeier saam. Klits eiers, melk en botter saam en voeg bloubessies by. Meng gesifte bestanddele met die eiermengsel en laat rus in yskas vir 15 minute. Verhit
’n wafelpan. Skep van die mengsel in die middel van die pan. Braai tot bros en gaar. Hou gaar wafels warm terwyl jy die res braai. Om voor te sit: Meng crème fraîche, vanieljesaadjies en
strooisuiker. Skep oor warm wafels en gooi stroop oor. Sit voor met ekstra bessies.

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg, Elsabé Dippenaar

Verwante artikels