Bobotie-blokkies
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Gewoonlik word bobotie warm saam met rys bedien, maar ek het dit in klein blokkies gesny en by kamertemperatuur saam met blatjang voorgesit
(8 - 10 porsies)
- 2 snye bruinbrood
- 250 ml melk
- 30 ml sonneblomolie
- 2 uie, in skywe gesny
- 15 ml fyn appelkooskonfyt
- 15 ml kerriepoeier
- 5 ml borrie
- 1 kg maalvleis
- 30 ml bruinasyn
- 10 ml sout
- varsgemaalde swartpeper na smaak
- 2 eiers
- 250 ml karringmelk
- lourierblare
Verhit jou oond tot 180 ºC. Week die bruinbrood in die melk. Verhit die sonneblomolie in ’n pan en braai die uie tot sag en bruin. Voeg die appelkooskonfyt, kerriepoeier en borrie by. Braai vir sowat drie minute. Meng die geweekte brood, vleis, uiemengsel en bruinasyn goed in ’n bak. Geur met sout en swartpeper. Sit die vleismengsel in ’n oondbak van 30 x 100 cm. Klits die eiers en karringmelk saam en gooi oor die vleis. Bak vir sowat 45 minute. Haal uit en sny in blokkies. Vir garnering kan jy ’n vars lourierblaar in elke blokkie druk. Sit by kamertemperatuur voor met blatjang.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Bobotie met oond-geroosterde perskes
SARIE Maart 2010
Dié perskes is só lekker dat jydit maklik in nagereg kan omskep met 'n bietjie room en 'n hand vol neute.
-
Frans se wen-bobotie
-
Wen-bobotie (Frans Kleingeld se resep)
SARIE KOS Herfs 2010 | Kommentaar: 3
Ek is nog steeds stomgeslaan! Ek het wel gedink ek staan 'n kans, maar darem nie gedink ek sal wen nie. Ek wou aanvanklik nie my resep instuur nie, maar my vriendin Amanda Swanepoel het my oortuig.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd