Bobotie met oond-geroosterde perskes
Foto’s: Donna Lewis Galery
Dié perskes is só lekker dat jydit maklik in nagereg kan omskep met 'n bietjie room en 'n hand vol neute.
(4 - 6 porsies)
- 2 uie, grofgekap
- 2 knoffelhuisies, gekap
- 50 ml olyfolie
- 15 ml masala
- 15 ml fyn koljander
- 30 ml kerriepoeier
- 5 ml borrie
- 1 kg bees-maalvleis
- 1 blik (400 g) tamaties
- sout en varsgemaalde swartpeper
- 6 perskes, gehalveer en pitte verwyder
- 60 ml bruinsuiker
- 50 ml melk
- 3 eiers
- 4 lourierblare
Verhit oond tot 180 ˚C. Braai uie en knoffel saam in olyfolie in 'n warmpan totdat dit begin verbruin. Voeg al die speserye by en braai vir nog 5 minute.Voeg maalvleis by en braai tot gaar en opgebreek, sowat 10 minute. Voeg tamaties by, geur met sout en swartpeper, verlaag hitte en prut vir 25 - 30 minute. Braai perskes terwyl vleis prut: Verhit riffelpan tot baie warm, doop elke perskehelfte in bruinsuiker en plaas op warm pan met gesnyde kant na onder. Braai vir 5 - 8 minute of totdatsuiker gekaramelliseer is. Bak verder in oond vir 10 minute of tot sag. Plaas vleis-en-tamaties in oondvaste bak. Meng melk en eiers goed en gooi oor. Druk lourierblare in en bak vir 15 - 20 minute of totdat bo-laag gestol is. Sit warm voor met perskes.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg; Elsabe Dippenaar
Verwante artikels
-
Bobotie-blokkies
SARIE KOS - Lente 2008
Gewoonlik word bobotie warm saam met rys bedien, maar ek het dit in klein blokkies gesny en by kamertemperatuur saam met blatjang voorgesit
-
Frans se wen-bobotie
-
Gestoofde perskes
SARIE - April 2009
-
Gestoofde perskes met amandels
SARIE KOS Herfs 2009
Jy kan dit as nagereg of as ontbyt voorsit.
-
Perskes gekook in vanieljestroop
SARIE - Februarie 2009
Jy kan natuurlik die perskes al die vorige dag maak en hulle in jou yskas hou. Hoe kouer die perskes, hoe lekkerder.
-
Wen-bobotie (Frans Kleingeld se resep)
SARIE KOS Herfs 2010 | Kommentaar: 3
Ek is nog steeds stomgeslaan! Ek het wel gedink ek staan 'n kans, maar darem nie gedink ek sal wen nie. Ek wou aanvanklik nie my resep instuur nie, maar my vriendin Amanda Swanepoel het my oortuig.


















Kommentaar