Boekuittreksel - Bobotie (vir diabete)
Foto’s: Micky Hoyle Galery
8 porsies
Porsiegrootte: 100 g
- 10 ml olyfolie
- 1 middelslag-ui, gekap
- 1 kg gemaalde, maer beesvleis
- 5 ml gemaalde gemmer
- 15 ml matige kerriepoeier
- 7 ml borrie
- 1 ml witpeper
- 7 ml sout
- 60 ml (70 g) diabetiese appelkooskonfyt
- 30 ml asyn
- 15 ml Worcestersous
- 2 dik snye bruinbrood
- 4 suurlemoen- of lourierblare
- 2 middelslag-eiers, geklits
- 125 ml laevetmelk
Verhit oond tot 180 °C. Verhit die olie en roerbraai die ui tot dit deurskynend is. Voeg die maalvleis by en roerbraai tot die vleis verkleur. Roer al die speserye, sout, konfyt, asyn en Worcestersous by die gebraaide vleis. Week die brood in water en druk dan die water uit. Krummel die brood en voeg by vleismengsel. Roer om te meng. Skep die vleismengsel in ’n gesmeerde oondskottel en maak gelyk. Skeur die suurlemoenblare in die lengte deur of breek die lourierblare middeldeur en steek dit in die vleismengsel. Klits die eiers en melk saam en giet oor die vleis. Bak 35 – 40 minute tot die eiervla gestol is. Sit warm voor saam met geelrys, geelwortels met lemoensous en gewone gekookte groenboontjies.
Energie: 1 271 kJ
Koolhidrate: 13,9 g
Vet: 13,7 g
Glukemiese indeks: laag (52)
Uit: Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes en insulien-weerstandigheid 1, Hilda Lategan, Tafelberg Uitgewers, 2009
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Volstruis-bobotie met gestoofde kwepers
SARIE KOS Winter 2010
Bobotie is so eg Suid-Afrikaans dat ek nie anders kon as om dit nuwe lewe te gee met volstruisvleis nie.
-
Wen-bobotie (Frans Kleingeld se resep)
SARIE KOS Herfs 2010 | Kommentaar: 3
Ek is nog steeds stomgeslaan! Ek het wel gedink ek staan 'n kans, maar darem nie gedink ek sal wen nie. Ek wou aanvanklik nie my resep instuur nie, maar my vriendin Amanda Swanepoel het my oortuig.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd