Boontjie-frikkadelle
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Al ooit daaraan gedink om boontjies fyn te druk en by jou frikkadelmengsel te voeg? Dit smaak heerlik.
(10 middelslag frikkadelle)
- 200 g droë haricot-bone
- 400 g maalvleis
- 10 ml sout
- varsgemaalde swartpeper na smaak
- 10 ml fyn koljander
- 1 groot ui, fyngekap
- sonneblomolie vir braai
Week die boontjies oornag. Plaas in 'n kastrol met water en bring tot kookpunt. Laat kook tot sag. Kap die boontjies in jou voedselverwerker fyn. Meng al die bestanddele en vorm die frikkadelle. Verhit olie in 'n diep pan en braai alkant bruin tot gaar. Sit voor met tamatiesous - veral kinders is mal daaroor.
Wenk: Jy kan geblikte haricotbone gebruik. Dreineer en kap fyn.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Boerewors-frikkadelle met tamatie-sous
SARIE KOS - Lente 2008
Meer Suid-Afrikaans as boerewors kan dit nie! En dit maak die lekkerste klein frikkadelle, vinnig en maklik.
-
Cannellini-bone-en-tuna-slaai
SARIE KOS Augustus / September 2011
Jy kan ook die tuna uitlos.
-
Frikkadelle gevul met hardgekookte eiers
SARIE KOS - Somer 2008
As kind, op pad Karoo toe, het ons altyd hardgekookte eiers gekry vir padkos – lekker, al het dit altyd in jou keel vasgesit!
-
Frikkadelle in tamatiesous
SARIE - Oktober 2005
Die grootste gunsteling - en as jy dit proe, sal jy verstaan hoekom.
-
Frikkadelle met tamatie-en-uiesmoor
SARIE KOS - Winter 2008
-
Kapokaartappels met frikkadelle en tamatie
SARIE KOS Junie/Julie 2011
















Kommentaar