Boontjiesop en volkoringbrood
Foto’s: Micky Hoyle Galery
In die Junie-uitgawe (nou te koop) is daar vier van Barbara se beste warm soppe en brode. Hier's twee bonus-resepte spesiaal vir die winter
(6 porsies)
Jy benodig
• 50 ml olyfolie
• 1 ui, fyngekap
• 1 knoffelhuisie, fyngekap
• 1 wortel, in klein blokkies gesny
• 1 selderystingel, in skywe gesny
• 2 aartappels, in klein blokkies gesny
• 400 g gerookte varktjops (kassler-ribs), in blokkies gesny, van die been af
• 3 blikke botterbone (400 g elk)
• 800 ml hoender-aftreksel
• 1 lourierblaar
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Verhit olyfolie in ’n kastrol. Braai ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg wortel, seldery en aartappel by en braai verder vir sowat 5 minute. Gooi gerookte varkvleis by en braai vir nog 10 minute. Voeg bone, aftreksel en lourierblaar by. Geur met sout en swartpeper en laat kook vir 35 minute. Onthou om elke nou en dan te roer. Sit voor saam met volkoringbrood.
Om te drink
Brampton Cabernet Sauvignon
Volkoring-gesondheidsbrood
Werklik baie maklik om te maak: Gooi alles in ’n bak en meng. (Maak een 18 x 8 cm-brood of 2 medium- of 3 baie klein broodjies.)
Jy benodig
• 125 ml spysverteringsemels
• 125 ml sonneblomsaad
• 375 ml volkoringmeel
• 250 ml koekmeel
• 10 ml heuning
• 10 ml bruinsuiker
• 5 ml koeksoda
• 3 ml sout
• 500 ml karringmelk
Verhit jou oond tot 180 °C. Meng al die bestanddele saam, behalwe die karringmelk. Voeg dan karringmelk by. Jy moet alles goed meng en die beslag moet taamlik klam wees. Gooi beslag in ’n gesmeerde broodpan van 18 cm x 8 cm (of ander groottes, soos verkies). Strooi ’n bietjie sonneblomsaad oor.
Wenke
• As jy een brood bak, bak dit vir 1 – 1 ½ uur tot gaar.
• Laat 45 minute – 1 uur toe vir die medium-brode.
• Sowat 35 minute vir die kleintjies.
• Toets met ’n toetspen om seker te maak dis gaar.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Cowboy-boontjies
SARIE KOS vir mans 2010
Hierdie gereg is regtig vullend. Niemand sal honger gaan slaap nie!
-
Franse bruin-uie-sop
SARIE Julie 2010
Seker een van die goedkoopste soppe, maar ook een van die lekkerste!
-
Koue beetsop
SARIE KOS Somer 2009/10
'n Koue sop vir die somer is altyd verfrissend.
-
Volkoringbrood
SARIE KOS April/Mei 2011
Om jou eie brood te bak is glad nie moeilik nie - veral dié resep is gooi-alsbymekaar- en-meng.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd