Boontjiesop
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Sop bly maar die beste kos wanneer die koue nader kruip.
(4 - 6 porsies)
- 500 g droë haricotboontjies
- 30 ml olyfolie
- 3 Kasselse tjops (gerookte varktjops)
- 2 selderystingels, fyngesny
- 2 wortels, fyngekap
- 1 groot ui, fyngekap
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 3 vars tiemietakkies
- 2 lourierblare
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 1,5 liter groente-aftreksel
Week boontjies oornag of maak dieselfde dag gaar. As jy dit oornag week, gooi boontjies in 'n bak en bedek met koue water. Dreineer die volgende oggend, gooi in 'n kastrol en bedek weer
met koue water. Bring tot kookpunt en kook tot byna sag. Dreineer. Sny vleis van die been af en dan in blokkies. Verhit olyfolie in 'n groot kastrol. Braai die vleis vir sowat 15 minute. Verlaag hitte en voeg die seldery, wortels, ui en knoffel by. Braai verder vir sowat 15 minute. Voeg boontjies, tiemie en lourierblare by en geur met sout en peper. Gooi aftreksel by en bring tot kookpunt. Sit deksel op en laat prut vir 2 - 3 uur. Hou die sop dop. As dit te dik word na jou smaak, voeg net nog aftreksel by.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Aartappel-en-sampioen-sop
SARIE - Mei 2010
Gooi die warm sop in 'n koffiefles en skink dit enige plek.
-
Aartappel-en-sampioensop
SARIE Junie 2011
-
Beesstert-sop
SARIE - Junie 2009
Dié sop kan vir party mense nogal ryk wees, maar dis baie lekker. Eerlikwaar ’n maaltyd op sy eie. Begin al die vorige dag daarmee
-
Botterskorsie-en-kaneelsop
SARIE Junie 2011
Dis goedkoop en maklik om te maak!
-
Botterskorsie-sop
SARIE KOS Winter 2009
-
Ertjie-en-pietersieliesop
SARIE Junie 2011
Dié Britse lekkerte is elke winter op die spyskaart! Gebruik sommer bevrore ertjies.
-
Hoender-en-geroosterde-soetrissie-sop
SARIE - Junie 2009
Dis nou vir jou ’n uithaal-en-wys-sop, ideaal vir ’n swierige ete
-
Pampoensop
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Maak jouself van binne af warm met dié lekker sop. Boonop kry jy sommer groente in!
-
Wortel-en-prei-roomsop (voorgereg)
SARIE - Julie 2007
Tot taamlik onlangs was botterskorsie-sop ’n gewilde voorgereg. Maak nou wortel-en-preisop as voorgereg. Dis ’n heerlike afwisseling.
















Kommentaar