Broodjies met dille, salmforel en komkommer
Foto’s: Micky Hoyle Galery
'n Teeparty is nie ’n teeparty as daar nie komkommer-en salm- broodjies is nie. Ek het swart rogbrood (Pumpernickel) gebruik - dis dun en klaar gesny. Jy kan natuurlik enige ander brood gebruik
Vir 9 broodjies het jy nodig
- 9 snye swart rogbrood
- 250 g roomkaas
- 12 snye komkommer
- 200 g gerookte salmforel
- 6 takke dille (jy kan meer of minder gebruik)
Kap die dille baie fyn en meng met die roomkaas. Smeer 3 snye brood met die roomkaas-en-dille-mengsel. Sit 4 stukkies komkommer op die eerste sny (onthou om die komkommer mooi dun te sny). Plaas die tweede sny brood met die roomkaas na onder bo-op die komkommer. Smeer nou weer die sny brood met roomkaas en sit ’n stukke salmforel bo-op. Draai die laaste sny brood om met die roomkaas na onder sodat dit op die salm is. Sny die broodjie in 3 en herhaal met die ander brood. Versier met ’n takkie dille.
Verwante artikels
-
Forel geposjeer in witwyn
SARIE KOS vir mans 2010
Hierdie is lekker rondsit-en-kuierkos.
-
Komkommer met gerookte forel
SARIE KOS Somer 2009/10
-
Salm gerook met rooibostee
Die rooibos-geur trek heeltemal in die vis in en gee 'n definitiewe smaak.
-
Uithaal-en-wys-forelgereg
Jy sal al jou vriende met dié een beïndruk.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd