Broodpoeding

Deur Barbara Joubert, SARIE KOS - Herfs 2008

Broodpoeding Foto’s: Micky Hoyle Galery

Jy kán ook nagereg geniet! Hou net jou hoofgereg hierby kleiner: 'n klein porsie vleis en baie groente om die hele ete se GL laer te hou.

(4 porsies)

  • 6 snye lae-GI brood
  • 15 ml laevet margarien
  • 30 ml appelkooskonfyt vir diabete
  • 100 ml rosyne
  • 300 ml laevet melk
  • 4 eierwitte
  • 30 ml suikervervanger
  • 5 ml fyn kaneel
  • 5 ml vanieljegeursel
  • knippie sout

Verhit jou oond tot 180 °C. Spuit ’n oondbak van 20 cm x 20 cm met nie-kleefmiddel. Smeer die brood liggies met die margarien en konfyt. Sny die brood (met korsies aan) in kwarte. Meng die broodkwarte en rosyne in die oondbak. Klits die orige bestanddele saam en gooi oor. Bak vir 55 - 60 minute tot gestol.

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg
  • In samewerking met Amanda Weber

Verwante artikels