Brosgebraaide calamari en tjips
Foto’s: Donna Lewis Galery
(4 – 6 PORSIES)
30 MINUTE
- 6 aartappels, kwarte gesny
- sap en skil van 2 suurlemoene
- 2 knoffelhuisies, gekap
- sout en varsgemaalde swartpeper
- olyfolie om oor te sprinkel
- 150 g broodkrummels
- 30 ml tiemie, gekap
- 50 g parmesaan-kaas, gerasper
- 1 kg baba-calamari, skoongemaak
- 140 g koekmeel
- 2 eiers, liggies geklits
- sonneblomolie vir diepbraai
- sout en varsgemaalde swartpeper
- 250 ml mayonnaise van goeie gehalte
Verhit oond tot 220 °C. Plaas aartappels in oondbak en sprinkel sap en skil van suurlemoene oor. Strooi
knoffel oor en geur goed met sout en peper. Sprinkel olyfolie oor. Bak in warm oond vir 20 – 25 minute of tot aartappels bros en gaar is. Plaas intussen broodkrummels, tiemie en parmesaan in ’n voedselverwerker en verwerk tot growwe tekstuur. Rol calamari in meel sodat dit heeltemal bedek is. Doop dan in eier en laastens in broodkrummel-mengsel. Verhit sonneblomolie tot warm en diepbraai vir
5 – 8 minute of tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispapier en geur goed met sout en peper. Sit voor met aartappelskywe en mayonnaise.
Wenk: Stukkies vars vis werk net so goed.
- Assistent Jana van Sittert
Verwante artikels
-
Brosgebraaide baba-calamari
SARIE - Junie 2010
-
Brosgebraaide calamari-slaai
Kyk by jou supermark se bak-afdeling vir klaargemaakte broodkrummels, of gebruik sommer gister se brood.
-
Calamari met uie
SARIE - Oktober 2005
Seekos is deel van Spanje se kulinêre geskiedenis.
-
Calamari-boneslaai
SARIE KOS April/Mei 2011
Calamari kan maklik taai wees. Op dié manier gaargemaak sal dit sagwees.
-
Calamari-en-boneslaai
SARIE KOS Des 2011/Jan 2012
-
Gebraaide calamari-steaks
SARIE - Februarie 2008
Die kombinasie van brandrissie en calamari werk goed. Dit sal ’n biejie woema aan die aand gee!
-
Kruie-steurgarnaal-en-calamari-slaai
SARIE KOS - Somer 2008
-
Seekospakkie
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Dié een kan jy reeds die aand voor jou kuier maak. Hou die rou pakkies in jou yskas en sodra julle reg is om te eet druk jy dit in die oond om gaar te word. Bedien dit sommer net so in die pakkie, dan lyk dit soos ’n geskenk.
-
Tongvis-normande
SARIE KOS Augustus / September 2011
Maak die gereg vir spesiale geleenthede – dis ryk, en die kombinasie van die room en-chardonnay-sousmaak dit besonders. Die ander lekkerte is dat die seekos in die wyn geposjeer word – en dit gee dit daardie ekstra smaak.
















Kommentaar