Brosgebraaide calamari-slaai
Foto’s: Donna Lewis Galery
Kyk by jou supermark se bak-afdeling vir klaargemaakte broodkrummels, of gebruik sommer gister se brood.
(4 porsies)
- 125 ml koekmeel
- 150 g broodkrummels
- sout en varsgemaalde swartpeper
- 500 g calamari, skoongemaak
- 2 eiers, liggies geklits
- sonneblomolie vir diepbraai
- 120 g slaaiblare van jou keuse
- 200 g feta-kaas
- 100 ml mayonnaise van 'n goeie gehalte
- sap en skil van 1 suurlemoen
Meng koekmeel en broodkrummels. Geur goed met sout en swartpeper. Gooi calamari-stukke in broodmengsel en meng goed sodat dit oral bedek is. Haal uit mengsel. Doop in eier en dan weer in broodmengsel. Verhit olie tot warm. Braai calamari vinnig vir 5 minute of tot goudbruin en gaar. Dreineer op kombuispapier. Plaas slaaiblare en feta op opdienbord. Sit calamari-stukke op slaai. Skep mayonnaise oor en druk suurlemoensap bo-oor. Sit voor.
Wenk:
Ook ideaal as voorgereg. Sit net kleiner porsies voor. Jy kan calamari ook met stukkies vis vervang.
Verwante artikels
-
Aartappels en garnale met suurlemoen-botter
SARIE KOS April/Mei 2011
Kyk by jou supermark vir skoongemaakte garnale.
-
Brosgebraaide baba-calamari
SARIE - Junie 2010
-
Brosgebraaide calamari en tjips
SARIE KOS Augustus / September 2011
-
Calamari met brandrissies en roketslaai
SARIE - April 2006
Daar moet darem iets uit die see op die spyskaart wees, nè?
-
Calamari met uie
SARIE - Oktober 2005
Seekos is deel van Spanje se kulinêre geskiedenis.
-
Calamari-boneslaai
SARIE KOS April/Mei 2011
Calamari kan maklik taai wees. Op dié manier gaargemaak sal dit sagwees.
-
Calamari-en-boneslaai
SARIE KOS Des 2011/Jan 2012
-
Gebraaide calamari-steaks
SARIE - Februarie 2008
Die kombinasie van brandrissie en calamari werk goed. Dit sal ’n biejie woema aan die aand gee!
-
Herb, prawn and calamari salad
SARIE KOS - Somer 2008
-
Koringslaai
SARIE KOS April/Mei 2011
-
Kruie-steurgarnaal-en-calamari-slaai
SARIE KOS - Somer 2008
-
Pasta-en-tunaslaai
SARIE KOS April/Mei 2011
















Kommentaar