Bruschetta met kekerertjie-smeer
Foto’s: Micky Hoyle Galery
20 minute
(4 porsies)
- 250 g repiespek (streaky bacon)
- 2 blikke (240 g elk) kekerertjies (chickpeas), gedreineer
- 2 knoffelhuisies, fyngedruk
- sap van 1 suurlemoen
- 60 ml olyfolie
- sout en varsgemaalde swartpeper
- 8 snye Portugese brood
- vars basiliekruid
Verhit roosterelement van oond. Plaas spek op 'n bakplaat-rooster en rooster tot bros. Hou warm. Plaas kekerertjies en knoffel in voedselverwerker en verwerk tot fyn. Voeg suurlemoensap en olyfolie by. Meng goed en geur met sout en swartpeper. Rooster brood en skep smeer bo-op. Plaas spek bo-op en sit voor met vars basiliekruid en ekstra olyfolie.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Brandrissie hoenderlewer bruchetta
SARIE - Januarie 2005
Bruschette is 'n wonderlike manier om mee te onthaal. Wat bo-op 'n bruschetta kom kan vooraf gemaak word en die meeste bestanddele kan jy klaar by deli's koop - dis lekker veral in die vakansietyd.
-
Gebakte aartappel met spek en sprietuie
SARIE KOS Herfs 2009
-
Gebraaide niertjies in roomsous op bruschetta
SARIE KOS Winter 2010
20 minute
-
Kekerertjie-en-gerookte varkvleis-sop
SARIE KOS - Winter 2008
Kekerertjie is niks anders as chickpeas nie. Dié een is ’n staatmaker.
-
Labneh op bruschetta met kruisement
SARIE KOS Lente 2010
Labneh is 'n Libanese kaas wat gemaak word van jogurt. Dis 'n baie maklike proses, maar neem ongelukkig 'n bietjie tyd. Dis wel die wagwerd!
-
Oop broodjie met fetakaas, tamatie en artisjok
SARIE KOS Lente 2009
-
Pangebraaide kammossels op warm kekerertjie-puree
SARIE - Junie 2010
Die puree is byna hoemoes wat sop geword het.
-
Spek-en-tamatie-omelette
SARIE KOS Herfs 2009
Jy maak 2 groot omelette wat jy halveer
















Kommentaar