Bunny chow

Deur Barbara Joubert

Bunny chow Foto’s: Micky Hoyle Galery

(4 porsies)

  • 30 ml sonneblomolie
  • 1 kg ontbeende lamsboud, in blokkies gesny
  • 1 ui, grofgekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 5 ml vinkelsaad, gestamp met stamper en vysel
  • 10 ml komyn
  • 10 ml koljander
  • 15 ml garam masala
  • 5 ml fyn kaneel
  • 3 ml gemmer
  • 3 kardemompeule
  • 1 ml droë brandrissievlokkies
  • 15 ml borrie
  • 1 blik (410 g) gekapte tamaties
  • 1 blik (400 ml) klappermelk
  • sap van 1 suurlemoen
  • 250 ml water
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 2 witbrode, om voor te sit

Verhit oond tot 180 °C. Verhit olie in oondkastrol. Braai vleis bietjie-bietjie en hou eenkant. Gebruik nog 'n bietjie olie (indien nodig) en braai ui tot sag en deurskynend. Voeg knoffel en al die speserye by. Braai vir so een minuut. Voeg geblikte tamatie, klappermelk en suurlemoensap by. Voeg vleis en water by. Geur met sout en swartpeper. Plaas vir so 2 uur in warm oond totdat vleis lekker sag is. Hou dop - as die vloeistof wegkook, kan jy nog water byvoeg. Halveer brode en hol hulle uit. Skep van die kerrie in en sit 'n halwe gevulde brood per persoon
voor, met atjar en blatjang.

WENK

Die vleis moet liefs by kamertemperatuur wees wanneer jy dit begin braai. Daar sal dan nie so baie vleissappe uitbraai nie.

Om te drink: 'n eg suid-Afrikaanse bier soos Castle.

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg; Elsabe Dippenaar

Verwante artikels

  • African beef curry

    African beef curry

    SARIE KOS Winter 2009

    I love this one! Use canned tomatoes and chick peas for convenience

  • Beef burger

    Beef burger

    SARIE KOS - Somer 2008

  • Beef stir-fry

    Beef stir-fry

    SARIE KOS Winter 2009

  • Resepte vir 'n sokkerfees!

    Resepte vir 'n sokkerfees!

    SARIE KOS Herfs 2010

    Dit klink of die buitelanders omtrent smul aan ons eg Suid-Afrikaanse "reënboog-cuisine", met bobotie glo heelbo aan die lys! By sarie.com het ons 'n paar resepte spesiaal vir jou en jou gaste uitgekies om dié wêreldbeker so kuier-kuier in te gaan.

  • Varkvleis-spring rolls

    Varkvleis-spring rolls

    SARIE - Maart 2009

    Jy kan natuurlik pleks van varkvleis jou eie groente-vulsel maak: Gebruik groente van jou keuse en sny alles in baie dun strokies

Kommentaar

  • Die is absoluut heerlik, veral op koue wintersaand. Los die rissie as manlief en kroos nie van warm kossies hou nie!

    19de Jul. 2010, 11:28