Camembert en brie met rooiwynstroop

Deur Barbara Joubert

Camembert en brie met rooiwynstroop Foto’s: Micky Hoyle Galery
  • 500 ml rooiwyn
  • 320 g (400 ml) suiker
  • genoeg brie en camembert vir jou gaste

Plaas rooiwyn en suiker in 'n kastrol. Roer terwyl jy dit verhit. Wanneer die suiker opgelos is en die mengsel begin kook, draai jy die hitte af en laat dit vir sowat 15 minute prut tot verdik. Laat afkoel tot kamertemperatuur. Plaas Simonsberg-camembert en -brie op 'n kaasbord en gooi stroop oor. Sit voor met vars vrugte en bessies van jou keuse.

besoek www.simonsberg.co.za vir meer inligting.

Die Simonsberg-reeks sluit camembert, camembert met Madagaskar-groenpeper, brie en cambrieni in. (Cambrieni is uniek aan Simonsberg. Dis 'n kombinasie van die brie-en camembert-resepte en is die perfekte grootte vir onthaal.)

  • Assistent Melissa Pecoraro

Verwante artikels

  • Appel-en-kaaspastei

    Appel-en-kaaspastei

    SARIE KOS Lente 2009

    As kind was my gunsteling ’n lekker sterk stuk cheddarkaas saam met ’n groen appel. Dis ’n kombinasie wat wonderlik werk in ’n pastei.

  • Driekaas-bow ties

    Driekaas-bow ties

    SARIE KOS Lente 2009

    Tradisioneel is bow ties ’n soet nagereg. Nou’s dit ’n heerlike soutigheid gevul met kase.

  • Framboos-kaaskoek-muffins

    Framboos-kaaskoek-muffins

    SARIE KOS Lente 2009

    Pure bederf. Spog sommer daarmee vir die lekker, of vir ’n spesiale geleentheid.

  • Peer-en-bloukaas-pizza

    Peer-en-bloukaas-pizza

    SARIE KOS Lente 2009

    Ek weet nie of ’n mens dit eintlik ’n pizza moet noem, of eerder platbrode met kaas en pere nie. Dis besonder lekker en word koud voorgesit.

  • Peer-en-bokmelkkaas-tertjies

    Peer-en-bokmelkkaas-tertjies

    SARIE KOS Lente 2009

    Die klein peertjies wat jy hierin gebruik, is só oulik. Jy kry hulle net geblik. As jy dit nie in die hande kan kry nie, gebruik ’n stuk vars peer vir elke tertjie.

Kommentaar