Cannellini-bone-en-hoendersop met blaardeeg
Foto’s: Micky Hoyle Galery
4 porsies
- 4 ontbeende hoenderborsies, in stukkies gesny
- 45 ml olyfolie
- 1 ui, fyngekap
- 3 knoffelhuisies, fyngekap
- 1 blik (410 g) cannellini-bone, gedreineer
- 300 ml warm water
- hand vol pietersielie, fyngekap
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 2 pakke (2 x 400 g) bruinbroodmeel-blaardeeg
- 1 eier, geklits
Braai hoender in olyfolie. Voeg ui en knoffel by en braai tot sag. Voeg bone, water en pietersielie by. Geur met sout en swartpeper. Skep die helfte van die mengsel in jou voedselverwerker en kap fyn. Gooi terug in kastrol saam met die res. Verhit oond tot 200 °C. Skep sop in oondvaste sopbakkies. Sny deeg in groot sirkels en plaas bo-op. Maak 2 gaatjies in die deeg van elke bakkie sodat stoom kan ontsnap. Verf geklitste eier oor deeg. Plaas op ’n bakplaat en bak vir sowat 25 minute.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Blomkoolsop met gebraaide varkworsies
SARIE KOS vir mans 2010
25 minute
-
Feijoada - varkvleis met bone
SARIE KOS Herfs 2010
-
Franse bruin-uie-sop
SARIE Julie 2010
Seker een van die goedkoopste soppe, maar ook een van die lekkerste!
-
Halim-sop
SARIE KOS Herfs 2010
-
Koue ertjie-en-kruisement- sop
SARIE KOS Somer 2009/10
'n Koue sop op warm dae is 'n lafenis, veral met die vars groen smaak van kruisement en ertjies. Voeg 'n bietjie sout by wanneer jy die ertjies kook om die groen kleur te behou. 4 porsies
-
Lemoen-en-botterskorsie-sop
SARIE KOS Herfs 2010
Die kombinasie van botterskorsie en lemoen is werklik 'n klassieke resep.
-
Witboon-en-chorizosop met bruschetta
'n Geurige voorgereg vir koeler aande.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd