Caprese-slaai met ’n verskil

Deur Barbara Joubert, SARIE - Januarie 2008

Caprese-slaai met ’n verskil Foto’s: Micky Hoyle Galery

Ek het al baie variasies van dié slaai gemaak. Hierdie keer gebruik ek klein mozzarella-kaasballetjies wat jou baie moeite spaar

(4 - 6 porsies)

  • 300 g klein mozzarella-kaasballetjies
  • 400 g klein rosa-tamaties
  • 15 ml basiliekruid-pesto
  • 30 ml olyfolie
  • 1 x 400 g-blik artisjokharte
  • ’n hand vol vars basiliekruidblare
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Sny die rosa-tamaties in die helfte. Meng die basiliekruid-pesto en olyfolie goed saam. Sny die artisjokharte in skywe. Meng al die bestanddele saam en gooi die basiliekruid- en olyfolie-mengsel oor. Geur met sout en swartpeper.

Wees slim
As jy nie die klein kaas-balletjies kan kry nie, koop die grotes en sny in blokkies.

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg

Verwante artikels

Web Development by FormFunction