Chardonnay-hoender

Deur Barbara Joubert, SARIE KOS Augustus / September 2011

Chardonnay-hoender Foto’s: Micky Hoyle Galery

Jy gaan basies ’n coq au vin maak – hoender in rooiwyn. Ek vervang net die rooiwyn met chardonnay, wat die gereg ’n heeltemal nuwe smaak gee. Dis dan nie so swaar nie.

(6 PORSIES)

  • 15 ml botter
  • 15 ml olyfolie
  • 1,4 kg hoenderstukke
  • 250 g strepiespek (streaky), in blokke gesny
  • 500 g salotte
  • 40 ml koekmeel
  • 400 ml chardonnay
  • 300 ml hoenderaftreksel
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 lourierblare
  • 3 takkies vars tiemie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 300 g klein sampioene
  • sowat 30 ml fyngekapte pietersielie

Verhit oond tot 180 °C. Verhit botter en olyfolie saam in groot oondkastrol. Braai hoenderstukke – nie
alles op een slag nie – tot vel mooi bruin is. Haal uit en hou eenkant. Braai spek in dieselfde kastrol tot bros en bruin. Hou eenkant. Braai salotte tot bruin, hou ook eenkant. Sit meel in die kastrol en roer vinnig. Voeg die chardonnay en hoenderaftreksel by en meng goed. Plaas net die hoenderstukke terug in
kastrol saam met die knoffel, lourierblare en tiemie. Geur met sout en peper en maak toe met deksel. Sit in oond vir 2 uur. Haal uit en voeg die spek, salotte en sampioene by. Maak weer toe met deksel en plaas terug in die oond vir nog ’n halfuur. Strooi vars pietersielie oor en sit voor saam met ’n Franse brood.

Wenk: As die sous vir jou te lank lyk, kan jy sowat 15 ml koekmeel met ’n klein bietjie water meng tot ’n gladde pasta. Voeg dan by die sous en laat so 10 minute kook.

Het jy geweet?
Die meeste van ons weet Coq au vin is hoender in rooiwyn. Letterlik vertaal beteken dit “haan van die
wyn”, en oorspronklik was dit inderdaad haanvleis wat gebruik is. Net ou hane is geslag en die gereg
moes lank gekook word om die vleis meer eetbaar te maak. Die moderne Franse gebruik ook eerder hoender as haan, maar die naam vir die resep en die langsame kookproses het dieselfde gebly.

Om te drink
Stellenzicht se ongehoute Chardonnay 2009 is ideaal – veral as jy vir swawel allergies is, want dit word sonder bygevoegde sulfiet gemaak.

  • Assistent Melissa Pecoraro

Verwante artikels

  • Chardonnay coq-au-vin

    Chardonnay coq-au-vin

    SARIE - Augustus 2006

  • Coq au vin - hoender in rooiwyn

    Coq au vin - hoender in rooiwyn

    SARIE KOS Herfs 2010

  • Coq au vin in 'n uur

    Coq au vin in 'n uur

    SARIE - September 2007

    “Coq au vin” is die Franse term vir hoender in rooiwyn gekook. Gewoonlik marineer jy die hoender oornag in rooiwyn, maar omdat die hoender reeds gaar is, trek die rooiwyn heerlik in die vleis in.

  • Coq au Vin-pastei (hoender in rooiwyn)

    Coq au Vin-pastei (hoender in rooiwyn)

    SARIE - Junie 2008

    Dit klink dalk snaaks om dié gereg in ’n pastei te verander. Maar dis iets anders, en wanneer jy die kors breek, sal almal verbaas wees om te sien wat die vulsel is

  • Gevulde hoenderborsies

    Gevulde hoenderborsies

    SARIE KOS Augustus / September 2011

    Hoenderborsies is soms geneig om droog te wees–met dié vulsel is dit sappiger.

  • Hoenderstukke gebak met tamatie

    Hoenderstukke gebak met tamatie

    SARIE KOS Augustus / September 2011

  • Marokkaanse hoender

    Marokkaanse hoender

    SARIE Augustus 2011

    Tajine is ’n Midde-Oosterse manier om bredies te maak. Bak jou Sondaghoender op dieselfde manier, maar sommer in ’n gewone pot met Marokkaanse speserye.

Kommentaar