Chilli con carne
Foto’s: Micky Hoyle Galery
(30 minute - 4 porsies)
- 15 ml olyfolie
- 1 ui, fyngekap
- 500 g beesmaalvleis
- 1 blik (400 g) gekapte tamaties
- 30 ml tamatiepasta
- 5 ml droë brandrissie (of minder, nes jy verkies)
- 5 ml droë gemengde kruie
- 2 blikke (420 g) rooi bone, gedreineer
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Verhit die olyfolie in ’n kastrol. Braai die ui tot sag en deurskynend. Voeg die maalvleis by en braai vir 4 tot 5 minute tot bruin. Voeg die tamaties, tamatiepasta, brandrissie en gemengde kruie by. Kook stadig vir 15 minute en voeg dan die bone by. Meng deur en laat verder kook vir 5 minute. Geur met sout en peper. Sit voor saam met avokadopeer, skyfies rooiuie, ongegeurde jogurt en gestoomde rys.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Chilli con carne-verrassing
SARIE KOS April/Mei 2011
As jy die gereg wil rek vir meer mense, kan jy net meer bone byvoeg. Ek sit soms meer as een soort boon by.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd