Churros met sjokoladesous
Foto’s: Donna Lewis Galery
Die Spaanse manier van doughnuts maak, dis vinnig en maklik!
(4 - 6 porsies)
- 250 ml water
- 125 ml botter
- 2 ml sout
- 80 ml suiker
- 140 g (250 ml) koekmeel
- 3 eiers
- sonneblomolie vir diepbraai
- 100 g donkersjokolade, fyngekap
- 250 ml room
Plaas water en botter in 'n middelslag-pot. Bring tot kookpunt en laat stadig prut tot botter gesmelt is. Voeg sout, suiker en meel by.Meng goed met 'n houtlepel tot alles in 'n bal saamkom. Verwyder van plaat en voeg eiers een vir een by terwyl jy goed meng ná elke byvoeging. Skep beslag in 'n spuitsak met 'n 1 cm-tuit. Verhit olie tot matig warm. Spuit lang worse van sowat 10 cm in die warm olie en braai stadig tot goudbruin en gaar, sowat 5 - 8 minute. Bring room tot kookpunt, gooi oor gekapte sjokolade en roer tot 'n gladde mengsel. Sit warm churros voor met sjokoladesous.
wenk
Pasop dat die olie nie te warm is nie, want die churros gaan brand voor dit in die middel gaar is.
- Assistent Rachelle Lamberts
Verwante artikels
-
Churros met sjokoladesous
SARIE KOS - Somer 2008
Dié gereg is oorspronklik van Spanje. Daar eet hulle dit vir ontbyt en vandag is dit ook gewild in Mexiko. Ek dink dis wonderlik vir nagereg
-
Churros met warm kaneelsjokolade
SARIE September 2011
Soetgoed is nie groot in die Mexikaanse koskultuur nie. Hulle eet wel baie sjokolade, maar met speserye bygevoeg.
-
Jou nommer 1- sjokoladepoeding
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Die Bar-Ones maak dié poeding ekstra lekker.
-
Okkerneutsjokoladekoek met nougat-sjokoladeversiering
SARIE - Augustus 2005
-
Sjokolade-nougat-sous
SARIE KOS - Somer 2008
-
Sjokolademousse
SARIE KOS - Somer 2008
Jy kan donker- of melksjokolade gebruik
-
Sweetie pies
Vir elke kind die beste soetding. Ook vir Ma!
-
Vars aarbeie gedoop in sjokolade
SARIE KOS - Somer 2008
-
Witsjokolade-mousse
-
Witsjokolade-tert met neutekors en suurlemoenbotter-en-basilietruffels
SARIE KOS April/Mei 2011
















Kommentaar