Coq au vin - hoender in rooiwyn
Foto’s: Micky Hoyle Galery
(8 porsies)
- 8 dy-en-boudjiehoenderporsies
- 6 tiemietakkies
- 3 stukkies pietersielie, grofgekap
- 2 lourierblare
- 1 bottel (750 ml) rooiwyn
- 15 ml olyfolie
- 15 ml botter
- 250 g repiespek (streaky bacon), in blokkies gesny
- 10 salotte of klein uitjies
- 125 ml hoender-aftreksel
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 300 g baba-sampioene
Plaas hoenderstukke, tiemie, pietersielie en lourierblare in 'n groot bak. Gooi wyn oor. Maak toe met kleefplastiek en plaas oornag in yskas. Die hoender sal daarna 'n rooi kleur hê. Verhit oond tot 180 °C. Haal hoender uit en droog af met kombuispapier. Hou wyn eenkant. Verhit olie en botter saam in oondkastrol. Braai hoender tot bruin. Haal hoender uit kastrol en braai
spek daarin tot effens bros. Voeg salotte by en braai vir so 2 minute saam met spek. Plaas hoender terug in kastrol en gooi die wyn oor, saam met tiemie, pietersielie en lourierblare. Voeg aftreksel by en geur met sout en swartpeper. Sit deksel op en plaas vir sowat 2 uur in warm oond. Voeg sampioene vir die laaste halfuur by. (As die sous te dun lyk, kan jy 15 ml mielieblom met 25 ml water meng en dit byvoeg. Kook vir nog so 15 minute tot verdik.) Sit voor met Franse brood.
Om te drink: 'n Klassieke cabernet sauvignon
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg; Elsabe Dippenaar
Verwante artikels
-
Baguette met pangebraaide hoender en bloubessie blatjang
SARIE Januarie 2010
Die blatjang smaak net so lekker op sy eie saam met kaas.
-
Bunny chow met hoenderkerrie
SARIE KOS Winter 2010 | Kommentaar: 1
30 minute
-
Chardonnay-hoender
SARIE KOS Augustus / September 2011
Jy gaan basies ’n coq au vin maak – hoender in rooiwyn. Ek vervang net die rooiwyn met chardonnay, wat die gereg ’n heeltemal nuwe smaak gee. Dis dan nie so swaar nie.
-
Coq au vin in 'n uur
SARIE - September 2007
“Coq au vin” is die Franse term vir hoender in rooiwyn gekook. Gewoonlik marineer jy die hoender oornag in rooiwyn, maar omdat die hoender reeds gaar is, trek die rooiwyn heerlik in die vleis in.
-
Coq au Vin-pastei (hoender in rooiwyn)
SARIE - Junie 2008
Dit klink dalk snaaks om dié gereg in ’n pastei te verander. Maar dis iets anders, en wanneer jy die kors breek, sal almal verbaas wees om te sien wat die vulsel is
-
Geroosterde hoender met salie en parmaham op knolgroente
SARIE KOS vir mans 2010
'n Baba-hoender is die perfekte porsie vir een. As jy hoenderborsies verkies, maak 2 per persoon.
-
Hoender in rooiwyn
SARIE KOS Winter 2009
-
Kalkoen in die Weber
SARIE - Desember 2010
Vir my is Kersfees nie Kersfees sonder kalkoen nie, al is dit nie juis 'n SA tradisie nie. Braai 'n slag die kalkoen oor die kole, dit smaak fantasties.
-
Ontbeende hoender
SARIE KOS Winter 2010
Dis nie so moeilik om 'n hoender te ontbeen nie. My manier is om net die bors- en rugbeen te verwyder.
-
Poulet basquaise
SARIE KOS Lente 2010
-
Thai-hoenderpot
SARIE KOS vir mans 2010
















Kommentaar