Coq au vin in 'n uur

Deur Barbara Joubert, SARIE - September 2007

Coq au vin in 'n uur Foto’s: Micky Hoyle Galery

“Coq au vin” is die Franse term vir hoender in rooiwyn gekook. Gewoonlik marineer jy die hoender oornag in rooiwyn, maar omdat die hoender reeds gaar is, trek die rooiwyn heerlik in die vleis in.

(4 - 6 porsies)

  • 1 gaar hoender
  • 15 ml olyfolie
  • 10 ml botter
  • 250 g repies spek, in blokkies gesny
  • sowat 10 salotte*
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 500 ml rooiwyn
  • 250 g wit sampioene
  • 1 lourierblaar
  • sout en vars gemaalde swartpeper

Sny die hoender in porsies. Verhit die botter en olyfolie in ’n oondkastrol. Braai die spek en salotte tot bruin. Voeg die knoffel by en braai vir nog sowat 3 minute. Sit die hoender en die res van die bestanddele by en geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Laat stadig prut in ’n warm oond teen 180 °C vir 45 minute.


Sit voor saam met

Vars Franse brood.

*Pleks van uit een groot knol soos die gewone bruin-ui, bestaan ’n salot uit trosse kleiner knolle. Dis verwant aan ’n ui én knoffel, en het ’n unieke, matige smaak. Dis ontwikkel deur Du Toitgroente van Suid-Afrika. Ek het Engelse salotte gebruik vir die Spaanse hoender.

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg

Verwante artikels

  • Chardonnay-hoender

    Chardonnay-hoender

    SARIE KOS Augustus / September 2011

    Jy gaan basies ’n coq au vin maak – hoender in rooiwyn. Ek vervang net die rooiwyn met chardonnay, wat die gereg ’n heeltemal nuwe smaak gee. Dis dan nie so swaar nie.

  • Coq au vin - hoender in rooiwyn

    Coq au vin - hoender in rooiwyn

    SARIE KOS Herfs 2010