Croque-madame
Foto’s: Donna Lewis Galery
Tradisioneel staan dié broodjie as croque-monsieur bekend, maar wanneer jy 'n geposjeerde eier bo-op sit, word dit 'n madame.
(4 - 6 porsies)
- 60 ml botter
- 12 snye witbrood
- 12 snye ham van goeie gehalte
- 250 g emmental-kaas, gerasper
- 6 geposjeerde eiers (so posjeer jy 'n eier)
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Verhit oond tot 180 °C.Smeer brood aan albei kante met botter.Maak toebroodjies met die ham en helfte van die kaas. Verhit 'n riffelpan tot warm. Braai broodjies tot goudbruin en totdat die kaas gesmelt is, sowat 3 - 5 minute aan 'n kant. Plaas broodjies op 'n bakplaat en sprinkel die oorblywende kaas oor. Bak totdat kaas gesmelt is en sit voor saam met geposjeerde eier. Geur met sout en swartpeper. Jy kan ook tamatie en uie bysit. En sonder 'n eier proe die broodjie net so lekker.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Croque-madame-broodjies
SARIE KOS Augustus / September 2011
-
Geroosterde hoender-en-aartappel-broodjie
SARIE KOS vir mans 2010
25 minute
-
Oop broodjie met fetakaas, tamatie en artisjok
SARIE KOS Lente 2009
-
Regmaker-broodjie
SARIE KOS vir mans 2010
-
Saamgeperste pastrami-broodjies met uie-marmelade
SARIE - Mei 2010
Byna iets soos 'n terrien gekombineer met 'n toebroodjie.
-
Steak-broodjie
SARIE KOS Herfs 2010
20 minute
















Kommentaar
karen s het gesê:
Ek bly nou al vir 8 jaar in Parys, en hierdie is glad nie 'n croque madame nie! Mens sit 'n gebraaide eier bo-op, nie geposjeer nie...en dis net 'n eenvoudige toasted broodjie met 'n sny ham en 'n sny emmental of gruyère kaas in.
26ste Sep. 2011, 11:37