Deurmekaar slaai
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Dis nou die soort slaai waaroor ek mal is: Kry ’n klomp bestanddele en meng dit saam
(6 porsies)
- 115 g dun vars aspersies
- 100 g blaarslaai van jou keuse
- 100 g groen olywe, ontpit
- 200 g klein rosa-tamaties
- 125 g sagte mozzarella-kaas, in stukke gebreek
- hand vol vars basiliekruidblare
Slaaisous
- 100 ml olyfolie
- sap van 1 suurlemoen
- 1 knoffelhuisie, fyngekap
- 5 ml korrelmosterd
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Dompel die aspersies vir 5 minute in kookwater. Dreineer en sit onmiddellik in koue water. Dreineer weer. Plaas die blaarslaai op ’n opdienbord of bak. Rangskik die res van die bestanddele bo-op. Meng al die slaaisous-bestanddele en skud die sous goed voor jy dit oor die slaai gooi, net voor jy dit voorsit.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
- Decor Anita Rossouw en Lounette Fourie
Verwante artikels
-
5 Boekminute met Carol Drinkwater
SARIE - Oktober 2009
Is dit moontlik om ‘n liefdesverhouding met olyfbome te hê? Skrywer en aktrise Carol Drinkwater het dit beslis!
















Kry jou SARIE oral, enige tyd