Die 1ste Januarie-ontbyt
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Dié regmaker die oggend ná groot feestelikheid is net wat jy nodig het. Maak sommer alles in een pan.
(genoeg vir 2)
- 8 mini-varkworsies
- 4 stukke repiespek, in groot blokke gesny
- 4 klein rosa-tamaties, in die helfte gesny
- 4-6 eiers (besluit self hoeveel julle nodig het)
- 1 eetlepel botter
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Smelt die botter in ’n pan oor lae hitte. Braai eers die varkworsies vir so 10 minute. Voeg die spek by en braai lekker bros. Nou kom die tamaties by. Braai saam met die spek en worsies vir 1 minuut. Versprei alles mooi in die pan. Breek die eiers in die pan en bedek met ’n deksel. Bak tot die eiers na jou smaak gaar is. Sit die pan net so op die tafel en elkeen help homself. En daar’s net een pan om skoon te maak.
Verwante artikels
-
Die intimiteit van ontbyt
SARIE - September 2009 | Kommentaar: 1
















Kry jou SARIE oral, enige tyd