Ons wen-tamatiesmoor - hier's die resep
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Jy sal smoor-verlief raak op dié wenresep van Saki Marais. Dis vol geurige verrassings.
Saki vertel: "Ek het in die Karoo grootgeword. Ma het altyd tamatiebredie gekook vir hot dogs (ons het nie tamatiesous en mosterd gedoen nie!). Ek is vroeg uit die huis, so ek moes myself noodgedwonge leer kook.
"Ek het ’n paar jaar in Taiwan gewoon (gaan skoolhou) en daar baie huiskosse gemis, altyd gefantaseer oor die tamatie-goeters, vetkoek, ensovoorts, waarmee ek grootgeword het. Ek hou nou skool in Pretoria, maar hunker na die platteland. Om die resep in te stuur was ’n taamlike effort, want dié soort goed doen ek nie van resepte af nie – ek kook bloot met wat in die huis/tuin/kruietuin beskikbaar is. Maar my vriendin het my laat sit, ’n resep laat uitwerk, dit laat toets en instuur. Dit was erg! Die la-a-ang kooktyd is wat my betref die grootste geheim, en dan die heuning en knoffel, waarsonder ek byna niks kook nie! Ek kook omdat dit lekker is en hou van huiskos, plaasgoed, outydse kosse, soetgoed. Ek’s al 22 jaar uit die huis en vertrek nou nog nie van daar af sonder my beskuit, koekies, koeksisters en fudge uit my ma se kombuis nie."
DIE WENRESEP
• 30 ml olyfolie
• 6 knoffelhuisies
• 4 takkies (so 5 cm elk) vars roosmaryn
• growwe sout na smaak
• 45 ml gladde heuning
Wenke
- Sout, growwe peper en heuning kan gewissel word na smaak.
- Gebruik as pizzabasis, pastasous of in maalvleisgeregte. Ook lekker op 'n roosterbroodjie of saam met 'n gebakte eier.
- Hierdie smoor vries baie lekker, so moenie dat die gaarmaaktyd jou afsit nie. Ek hou sommer altyd 'n paar bakkies in die vrieskas vir daardie onbeplande ek-het-smoor-nodig-aande (dit werk vir byna alles!).
Verwante artikels
-
Julie & Julia bruschetta
SARIE KOS Lente 2010
-
Krummelpap
SARIE KOS Winter 2009
-
Ons soek SA se lekkerste trifle
SARIE KOS Lente 2009
Deel jou resep en wen Kenwood-toestelle ter waarde van R4 800
-
Stywe pap (poetoepap)
SARIE KOS Winter 2009
-
Tamatiesmoor - 3de plek
SARIE KOS Winter 2009
-
Tamatiesmoor-resep (2de plek)
SARIE KOS Winter 2009


















Kry jou SARIE oral, enige tyd