Donker-sjokolade-lemoen-soufflé
Foto’s: Donna Lewis Galery
Jy hoef glad nie bang te wees vir dié soufflé nie. Al val dit plat, bly dit ewe lekker.Ek eet soufflé saam met roomys of vars room. Die koue daarvan sal die hitte van die soufflé balanseer.
(4 soufflés)
- 100 g donkersjokolade,gesmelt
- 2 eiergele
- gerasperde skil van 1 lemoen
- 5 ml vanieljegeursel
- 4 eierwitte
- 50 g strooisuiker
- 30 ml versiersuiker
Verhit oond tot 160 °C. Meng sjokolade, eiergele, vanieljegeursel en lemoenskil saam in 'n mediumgroot mengbak. Klits eierwitte tot sagte punte vorm terwyl jy die strooisuiker geleidelik byvoeg. Hou aan klits tot blink en styf. Skep 1 lepel van die meringue by die sjokolademengsel en meng deur om dit los te maak. Vou res van die mengsel by en verdeel dan tussen 4 oondvaste bakkies. Bak vir 15 - 20 minute of tot uitgerys en goudbruin. Sit dadelik voor.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Bessie-omeletsoufflé
SARIE KOS - Herfs 2008
Dis een van die eerste soort soufflés wat ek leer maak het. Jy kan natuurlik enige ander vulsel kies. Verdeel een omelet tussen 2 mense.
-
Grenadella-soufflé
SARIE KOS - Herfs 2008
Dit is werklik die maklikste van alle soufflés. Jy koop eenvoudig klaargemaakte vla, klits die eierwitte styf, en siedaar.
-
Hot cross bun-framboos-en-witsjokolade-broodpoeding
SARIE Maart 2010
Dis seker die lekkerste broodpoeding wat bestaan! Jy het die vreugde van al die spesery in die bolletjies, en die luuksheid van die sjokolade is net hemels.
-
Sjokolade-soufflé
SARIE KOS - Herfs 2008
Hierdie een is nogal ryk, maar terselfdertyd lig. Dit lyk mooi as jy kleintjies in koppies bak.
-
Witsjokolade-truffels
SARIE KOS Somer 2009/10
Werklik baie eenvoudig om te maak – en ’n pragtige geskenk.
















Kommentaar