Donkersjokoladekoek
Foto’s: Donna Lewis Galery
Liesl Herwig van Kaapstad vertel dat sy dié resep by ’n vriendin in londen gekry het.
(8 – 10 porsies)
- 10 ml koffiepoeier
- 250 ml kookwater
- 320 g ligte bruinsuiker
- 240 g bruismeel
- 100 g kakao
- 10 ml koeksoda
- 5 ml kaneel
- 2,5 ml sout
- 2 ekstra-groot eiers
- 250 ml karringmelk
- 125 ml olie
- 10 ml vanieljegeursel
Witsjokolade-versiersel
- 140 g sagte ongesoute botter
- 140 g versiersuiker, gesif
- 100 g witsjokolade van goeie gehalte, gesmelt
- 15 ml melk of room
Verhit oond tot 180 °C. Spuit 3 panne van 20 cm met kleefwerende kossproei en voer uit met bakpapier. Los die koffiepoeier in kookwater op en laat afkoel. Sif droë bestanddele saam. Meng nat bestanddele. Kombineer nat en droog. Verdeel beslag tussen koekpanne en bak in warm oond vir 25 minute of tot toetspen skoon uitkom. Haal uit die oond en laat effens afkoel. Keer koeke op afkoelrak uit en laat heeltemal afkoel.
Versiersel: Klop botter en suiker tot lig en romerig. Voeg witsjokolade en room by en meng goed. Sny bokante van koek netjies reguit met skerp mes. Plaas eerste laag op skoon bord en sit 1/3 van versiersel bo-op. Smeer netjies met slaplemmes. Herhaal proses tot al drie lae koek gebruik is. Eindig met laag versiersel. Sit voor.
Wenk
Jy kan self besluit of jy die koek wil versier. Liesl maak ’n tweede versiersel van Horlicks. Kry die resep
op sarie.com.
- Assistent Tanya Pohl
Verwante artikels
-
Herman se grootword-sjokoladekoek
SARIE Februarie 2012 | Kommentaar: 3
"Niemand kon bak soos my ouma nie. Hier is haar oorspronklike resep. Dis die maklikste en lekkerste een wat ek ken."
-
Karamel-mousse-koek
SARIE Februarie 2012
Dis ’n kombinasie van ’n flan en ’n uitgeholde sjokoladekoek van die Australiese kosghoeroe Donna Hay.
-
Pavlova met ’n twist
SARIE Februarie 2012
Kombineer pavlova met gekoopte koek uit die bakkery, en jy kyk met nuwe oë na dié klassieke nagereg.
-
Sjokolade-fudgekoek
SARIE Februarie 2012 | Kommentaar: 7
Eugene Joubert van Pretoria het dié resep vir SARIE KOS ingestuur. Dis so klam dat jy dit sonder versiersel kan eet. Of gebruik gewone botterversiersel.
-
Sjokolade-peerkoek
SARIE Februarie 2012
Perfek vir dié wat nie van meel hou nie.
-
Witsjokolade-en-lemoenbloeiselkoek
SARIE Februarie 2012
Jy kan lemoen-bloeiselwater by die supermark koop.
















Kommentaar
Sharon-Ann Goosen het gesê:
Jackie ek het hom opgespoor! Sjokolademout-versiersuiker (vir bo-op die koek): 250 g sagte, ongesoute botter 360 g versiersuiker, gesif 10 ml vanieljegeursel 80 g Ovaltine of Horlicks 125g donkersjokolade van goeie gehalte 70 ml room Klop die botter en versiersuiker tot lig en romerig. Voeg die vanielje en Horlicks by en meng goed. Smelt sjokolade, voeg by en meng goed. Voeg laastens die room by en meng goed tot gladde versiersuiker. Wenk: Die hoeveelheid versiersuiker is genoeg vir binne sowel as bo-op en buite-om die koek. Versier met Maltesers of Chuckles en sjokolade-vermicelli.
8ste Mar. 2012, 20:29Jackie Jacobs het gesê:
Ek kry nie die Horlicks Versiersel van Liesl Herwig, Sarie Februarie 2012 en Karamelversiersel vir die Sjokolade Fudgekoek op julle webwerf nie. Hoe moet ek te werk gaan om dit op te spoor?
27ste Feb. 2012, 14:32