Driekaas-bow ties
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Tradisioneel is bow ties ’n soet nagereg. Nou’s dit ’n heerlike soutigheid gevul met kase.
10 porsies
- 50 g pecorino-kaas, gerasper
- 50 g bloukaas, gekrummel
- 100 g ricotta-kaas
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 16 won ton-deegvelle
- 750 ml sonneblomolie, om in te braai
Meng die drie kase goed. Geur met sout (maar min) en swartpeper. Smeer die rand van ’n won ton-deegvel met water. Skep van die vulsel in die middel en vou die won ton toe. Smeer ’n klein bietjie water dwarsoor die middel en gee dit ’n draai. Herhaal met al die won tons. Verhit olie in ’n kastrol. (Jy kan dit toets deur ’n stukkie van ’n won ton-vel te braai. As dit dadelik begin braai, is jou olie reg.) Bow ties braai vir sowat 1 minuut aan elke kant. Haal uit en dreineer op kombuispapier.
Om te drink
Boschendal se sappige The Pavillion Shiraz/Cabernet Sauvignon
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Camembert en brie met rooiwynstroop
SARIE KOS Herfs 2010
-
Hoe maak ek bow ties en won ton-pakkies?
SARIE KOS Lente 2009
-
Kaasbord
SARIE - Desember 2010
Enige soort kaas is koning saam met heerlike ryp vye.
-
Kaaspoffertjies
SARIE KOS Somer 2009/10
Verpak dit mooi as geskenk - of geniet dit self!
-
Knoffel-en-kaas-rooikool
SARIE KOS vir mans 2010
















Kry jou SARIE oral, enige tyd