Dubbele sjokolade-genot

Deur Barbara Joubert, SARIE KOS Somer 2010/11

Dubbele sjokolade-genot Foto’s: Micky Hoyle Galery

Makliker sal jy nie sommer kry nie - veral as jy lief is vir sjokolade.

(6 porsies)

  • 6 sjokolade-muffins
  • 1 houer (1 liter) sjokolademousse
  • 250 ml room, styfgeklop
  • kakao om oor te sif
  • vars kersies om saam voor te sit

Sny elke muffin dwars in drie lae. Plaas die onderste gedeelte op 'n bord en skep sjokolade-mousse bo-op, gevolg deur die middelste sny en mousse. Sit nou boonste gedeelte van muffin op en skep styfgeklopte room bo-op. Sif 'n klein bietjie kakao oor en sit voor saam met vars kersies.

  • Assistent Melissa Pecoraro

Verwante artikels

Kommentaar