Eenbakgereg met varkworsies
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Dis ’n baie lekker manier om te kook – plaas als in een bak en gaan sit agteroor.
(4 PORSIES)
- 80 ml olyfolie
- 8 varkworsies
- 3 rooi-uie, in kwarte gesny
- 4 groot Mediterreense aartappels, in skywe
- 4 heel knoffelhuisies
- 4 groot rosatamaties, gehalveer
- 3 takkies vars roosmaryn
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Verhit jou oond tot 180 °C. Sny worsies los van mekaar. Pak worsies, uie, aartappels en knoffel in oondroosterbak. Gooi olyfolie oor. Plaas in warm oond en rooster vir 1 uur. Draai die worsies om ná die helfte van die baktyd. Verlaag die oondtemperatuur ná die volle uur na 160 °C. Pak die tamaties en roosmaryn in die bak en geur met sout en peper. Rooster verder vir nog ’n uur.
Om te drink: ‘n Vrugtige wit sal lekker wees by die varkvleis. Probeer Fairview se La Capra Chenin
Blanc of Vergelegen Vin de Florence.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Blomkoolsop met gebraaide varkworsies
SARIE KOS vir mans 2010
25 minute
-
Klein varkworsies met ertjies
SARIE KOS Herfs 2010
30 minute
-
Oondgebakte gekrummelde varktjops
SARIE KOS Augustus / September 2011
-
Oondgebakte varkworsies op kapokaartappels
SARIE KOS April/Mei 2011
-
Oondgeroosterde varkworsies
SARIE KOS - Somer 2007
Ek rooster varkworsies vir minstens 2 uur in die oond. Dit maak 'n groot verskil én jy het tyd om liewer rugby te kyk. Sit so 3 worsies per persoon voor
-
Thüringerwors met gebraaide soetrissies
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Neem ’n broodrolletjie en plaas van die soetrissies bo-op. Plaas ’n wors bo-op en jy het ’n heerlike gereg. As jy nie van groen olywe hou nie, kan jy dit net uitlos.
-
Varkworsie-en-bone-kasserol
SARIE KOS Winter 2009
-
Varkworsie-en-tamatie-sous
-
Weisswurst met suurkool en aartappels
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Hierdie kombinasie van suurkool en aartappels is altyd ’n wenner.
















Kommentaar