Eend-rillettes
Foto’s: Donna Lewis Galery
Rillettes is net ’n ander naam vir ’n effe growwe patee.
6 koppies vol
- 20 ml olyfolie
- 1 eend, verdeel in porsies
- 10 tiemietakkies
- 2 knoffelhuisies
- 2 lourierblare
- 500 ml hoender-aftreksel
- 500 ml water
- 60 ml gladde varkvet
- 30 ml botter
- 15 ml brandewyn
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Bo-laag
- 30 ml botter
- 30 ml gladde varkvet
Verhit olyfolie in ’n groot pot tot baie warm. Braai eendporsies tot goudbruin. Verwyder pot van hitte en gooi al die vet wat uitgebraai het af. Voeg tiemie, knoffel, lourierblare, aftreksel en
water by eend. Verlaag hitte en laat prut stadig vir sowat 90 minute, of tot vleis van bene begin loskom. Verwyder eend en hou die potvloeistof eenkant vir ’n ander dag (dis ’n wonderlike, geurige basis vir ’n sous, of gebruik dit in ’n bredie). Trek al die vleis van die bene af. Gebruik ’n voedselverwerker en verwerk vleis tot ’n growwe patee terwyl jy om die beurt varkvet en botter byvoeg.Voeg brandewyn by en geur goed met sout en swartpeper. Verdeel mengsel tussen 6 koppies. Smelt bestanddele vir bolaag saam en gooi bo-oor elkeen. Laat stol in yskas vir 2 – 3 ure en sit voor met roosterbrood.
Wenk
Jy kan vark- of eendvet gebruik − by jou slagter of deli te koop.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg, Elsabé Dippenaar
Verwante artikels
-
Tafel vir 2 - Spyskaart-idees vir Valentynsdag
SARIE - Februarie 2010
Valentynsdag is 'n dag om liefde vir mekaar te vier, te lag oor wat was en te deel oor wat nog kom! Maak kos met oorgawe en liefde, dit sal onvergeetlik bly. Herman dek 'n tafel vir 2
















Kry jou SARIE oral, enige tyd