Eiervla
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Tuisgemaak - nes Ma s'n
4 – 6 porsies
- 500 ml melk
- 2 eiers
- 1 eiergeel
- 25 ml suiker
- knippie sout
- 3 ml vanieljegeursel
Maak melk effens warm in ’n kastrol. Klits eiers, eiergeel, suiker en sout saam. Voeg warm melk by die geklitste eiermengsel. Verhit die mengsel in ’n kastrol oor lae hitte terwyl jy aanhoudend roer. Die vla is gaar sodra dit so dik is dat ’n lagie oor die agterkant van ’n metaallepel vorm. Voeg vanieljegeursel by. Gooi vla dadelik uit die warm kastrol, anders kan dit skif.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Gebakte appels met vla
SARIE KOS Winter 2009
















Kry jou SARIE oral, enige tyd