Eiland steurgarnaal-kerrie

Deur Barbara Joubert, SARIE KOS Winter 2009

Eiland steurgarnaal-kerrie Foto’s: Micky Hoyle Galery

Lus vir iets eksoties? Dan is dié een vir jou

6 porsies

  • 10 ml sonneblomolie
  • 1 blik (400 ml) klappermelk
  • 1 steel sitroengras
  • 2 ml suiker
  • 5 ml vissous
  • 2 lemmetjieblare
  • 1 kg steurgarnale, skoongemaak
  • 250 ml klapperroom        
  • sap van ’n halwe suurlemoen
  • sout na smaak

Brandrissie-pasta

  • 4 – 6 rooi brandrissies, sade verwyder en fyngekap
  • 6 salotte, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 3 ml borrie

Maak eers die pasta: Meng brandrissies, salotte, knoffel en borrie tot ’n pasta in ’n stamper en vysel of voedselverwerker. Verhit sonneblomolie in ’n kastrol en voeg pasta by. Braai vir ’n paar sekondes en voeg klappermelk by. Bring tot kookpunt. Stamp sitroengras sag met die agterkant van ’n mes en voeg by klappermelk-mengsel. Kook vir ’n paar minute en voeg suiker, vissous en lemmetjieblare by. Voeg steurgarnale by en kook vir 5 minute: Wanneer steurgarnale pienk word, is hulle gaar. Roer klapperroom, suurlemoensap en sout by.

Sit voor saam met Basmati-rys en mango-salsa

Om te drink
’n Effe droë chenin blanc, soos Boland Kelder s’n.

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg

Verwante artikels