Ertjie-en-pietersieliesop
Foto’s: Donna Lewis Galery
Dié Britse lekkerte is elke winter op die spyskaart! Gebruik sommer bevrore ertjies.
(4 – 6 porsies)
- 60 ml botter
- 45 ml olyfolie
- 1 ui, fyngekap
- 2 knoffelhuisies, gekap
- 500 g bevrore ertjies
- 2 aartappels, geskil en grofgekap
- 750 ml hoenderaftreksel
- 250 ml room
- hand vol pietersielie, fyngekap
- sout en varsgemaalde swartpeper
Verhit botter en olyfolie in ’n middelslag-pot. Voeg ui, knoffel en ertjies by. Braai vinnig vir 5 – 8 minute of tot ui begin verbruin. Voeg aartappels en hoenderaftreksel by. Verlaag hitte en laat stadig kook vir sowat 15 minute tot aartappels sag en gaar is. Voeg room en pietersielie by en bring tot kookpunt. Verwerk mengsel in voedselverwerker tot gladde puree.Geur goed met sout en swartpeper.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Aartappel-en-sampioensop
SARIE Junie 2011
-
Blomkoolsop met gebraaide varkworsies
SARIE KOS vir mans 2010
25 minute
-
Boontjiesop
SARIE KOS Winter 2010
Sop bly maar die beste kos wanneer die koue nader kruip.
-
Botterskorsie-en-kaneelsop
SARIE Junie 2011
Dis goedkoop en maklik om te maak!
-
Botterskorsie-sop
SARIE KOS April/Mei 2011
Dié sop bly 'n gunsteling, maar die verskil is dat jy hier feta-kaas bo-oor krummel. Ek het klaargesnyde botterskorsie gebruik.
-
Franse bruin-uie-sop
SARIE Julie 2010
Seker een van die goedkoopste soppe, maar ook een van die lekkerste!
-
Lensie-en-chorizosop
SARIE Junie 2011
Chorizo is ’n Spaanse wors met ’n spesery-smaak. Saam met die lensies sal dit beslis die koue verdryf.
-
Pampoensop
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Maak jouself van binne af warm met dié lekker sop. Boonop kry jy sommer groente in!
-
Romerige hoendersop
SARIE KOS vir mans 2010
-
Sampioensop
SARIE KOS Augustus / September 2011
-
Tamatie-en-basiliesop
SARIE Junie 2011
Die rooster van die tamaties is die enigste deel wat “werk” is. Die res gooi jy net in die pot.
















Kommentaar