Framboos-en-witsjokolade-semifreddo
Foto’s: Micky Hoyle Galery
'n Baie lekker nagereg vir hierdie tyd van die jaar wanneer almal so baie onthaal.
(sowat 2 liter)
- 350 g bevrore frambose
- 15 ml suiker
- 3 eiers
- 2 eiergele
- 5 ml vanieljegeursel
- 220 g (260 ml) strooisuiker
- 500 ml room
- 200 g witsjokolade
Voer 'n broodpan van sowat 12 x 28 cm met kleefplastiek uit. (Jy kan enige 2 liter-bak wat in jou vrieskas kan gaan, gebruik.) Kap helfte van bevrore frambose en die suiker fyn in voedselverwerker. Hou eenkant. Plaas orige frambose in vrieskas en hou vir versiering. Plaas eiers, eiergele, geursel en strooisuiker in 'n bak wat oor 'n kastrol met kookwater pas. Klits mengsel (verkieslik met elektriese handklitser) in bak oor kookwater tot dik en lig van kleur. Haal bak van kastrol af en laat effens afkoel. Klop room styf en vou in eiermengsel in. Smelt witsjokolade oor kookwater. Vou gesmelte sjokolade in. Gooi lang stroke framboos onderin broodpan. Gooi van die mengsel bo-op en dan weer stroke framboos. Vul pan met res van semifreddomengsel. Maak toe met kleefplastiek en plaas vir minstens 6 uur in vrieskas, verkieslik oornag. Keer uit op opdienbord. Trek kleefplastiek af en sit voor met bevrore frambose.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Gebakte framboos-vla
SARIE KOS - Somer 2008
’n Lekker resep om al die vorige dag te maak. Hou dit in die yskas en versier net voor jy dit voorsit.
-
Kaaskoek met framboos-mascarpone-kaas
SARIE - Desember 2008
Jou familie sal spesiaal voel as jy vir elkeen sy eie klein kaaskoekie bak
-
Pistasieneut-en-witsjokolade-muffins
SARIE KOS Lente 2009
Neute en sjokolade is altyd ’n goeie kombinasie.
-
Vanielje-semifreddoblokkies met vars vye
SARIE KOS Somer 2009/10
Goeie vanieljeroomys bly darem lekker. Vries van die mengsel in ysbakkies en die res in 'n groter bak vir later (as die gaste huis toe is!).
-
Witsjokolade-mousse
















Kommentaar