Framboos-kaaskoek-muffins
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Pure bederf. Spog sommer daarmee vir die lekker, of vir ’n spesiale geleentheid.
6 groot muffins
- 175 g roomkaas
- 250 g (315 ml) suiker
- 3 eiers
- 5 ml vanieljegeursel
- 80 g (90 ml) botter
- 125 ml melk
- 15 ml bakpoeier
- 280 g (500 ml) koekmeel
- knippie sout
- 125 g frambose (raspberries), bevrore of vars
Verhit oond tot 200 °C. Smeer muffinpanne of voer uit met bakpapier. Room die roomkaas met ’n kwart van die suiker, 1 eier en helfte van die vanieljegeursel tot glad. Hou eenkant. Smelt botter, melk en orige geursel saam in ’n kastrol. Laat afkoel en klits oorblywende 2 eiers by. Sif bakpoeier, meel en sout saam. Voeg res van suiker by meelmengsel. Voeg botter-en-melkmengsel by en meng goed. Vou die frambose in – hou ’n paar uit om bo-op muffins te sit. Verdeel mengsel tussen muffinpanne. Die pannetjies moet driekwart vol geskep word. Verdeel roomkaasmengsel tussen hulle – skep dit bo-op elkeen. Plaas frambose bo-op (druk hulle ’n bietjie in). Bak vir 20 – 25 minute tot gaar. Haal uit en laat afkoel
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Barbara en Herman se Kaasfees-resepte
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 4
SARIE se kos-span, Herman Lensing en Barbara Joubert, was onlangs by die SA Kaasfees waar hulle met Lancewood-kaas gekook het. Hier's die heerlike resepte
-
Camembert en brie met rooiwynstroop
SARIE KOS Herfs 2010
-
Kaaskoekterte
SARIE KOS Herfs 2010
As jy 'n kaaskoek verkies wat nie so lank bak nie, kan jy dit verander in 'n kaaskoektert. Gebruik dan quiche-panne (rond of langwerpig). Die vulsel word gehalveer. Onthou om ook die quiche-panne op 'n bakplaat in die oond te plaas.
-
Sjokolade-kaaskoek
SARIE KOS Herfs 2010
Dis baie ryk, maar as jy van sjokolade hou, sal dít geen probleem wees nie!
-
Swartkersie-kaaskoektertjies
SARIE KOS Herfs 2010
Die Duitsers is baie lief vir geblikte swartkersies in hul kaaskoeke. Fantasties!
-
Vinnige sjokolade klapperkoek
SARIE - Mei 2010
Dié resep is so eenvoudig om te maak. Dis my oplossing vir 'n vinnige nagereg wat jou gaste sal laat vra vir meer!
-
Volkoring-en-dadelmuffins
SARIE KOS April/Mei 2011
-
Vye gevul met mascarpone en gebak in 'n sabayon
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 1
Sabayon is sommer net a fênsie woord vir 'n vla wat op geklits is.
-
Witsjokolade-en-pekanneut-pralien-kaaskoek
SARIE KOS Herfs 2010
Witsjokolade saam met pekanneut-pralien is liplek-lekker.
-
Wortelkoek
SARIE KOS Herfs 2010
Die lekkerte is dat dit met volkoringmeel gemaak word.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd